Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JONAH
1 2 3 4
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Jona Afr1953 3:1  En die woord van die HERE het vir die tweede maal tot Jona gekom en gesê:
Jona Afr1953 3:2  Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé, en verkondig daar die boodskap wat Ek jou sal sê.
Jona Afr1953 3:3  Toe maak Jona hom klaar en gaan na Ninevé volgens die woord van die HERE. En Ninevé was 'n ontsaglike groot stad, drie dagreise te voet.
Jona Afr1953 3:4  En Jona het begin met een dagreis ver die stad in te gaan en het gepreek en gesê: Nog veertig dae, dan word Ninevé verwoes.
Jona Afr1953 3:5  En die manne van Ninevé het God geglo en 'n vasdag uitgeroep, en groot en klein het hulle met rougewaad beklee.
Jona Afr1953 3:6  En toe die berig die koning van Ninevé bereik, het hy opgestaan van sy troon en sy mantel afgehaal en in rougewaad gehuld in die as gaan sit.
Jona Afr1953 3:7  En hy het in Ninevé laat uitroep en sê: Op las van die koning en sy groot manne — geen mens of dier, beeste of kleinvee mag aan iets proe nie, hulle mag nie wei of water drink nie;
Jona Afr1953 3:8  maar mens en dier moet 'n rougewaad om hê, en hulle moet ernstig tot God roep, en elkeen moet hom van sy verkeerde weg bekeer en van die onreg wat aan sy hande kleef.
Jona Afr1953 3:9  Wie weet of God nie sal omkeer en berou sal hê nie, sodat Hy Hom afwend van die gloed van sy toorn en ons nie vergaan nie?
Jona Afr1953 3:10  En God het hulle werke gesien dat hulle hul bekeer het van hulle verkeerde weg; toe het God berou gehad oor die onheil wat Hy gesê het dat Hy hulle sou aandoen, en Hy het dit nie gedoen nie.