EZEKIEL
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
Chapter 2
Ezek | Afr1953 | 2:2 | En die Gees het in my gekom sodra Hy met my gespreek het, en my op my voete laat staan; en ek het Hom gehoor wat met my gespreek het. | |
Ezek | Afr1953 | 2:3 | Hy sê toe vir my: Mensekind, Ek stuur jou na die kinders van Israel, na die opstandige nasies wat teen My opgestaan het; hulle en hul vaders het teen My oortree tot hierdie selfde dag toe. | |
Ezek | Afr1953 | 2:4 | En die kinders is hard van aangesig en verstok van hart. Ek stuur jou na hulle, en jy moet vir hulle sê: So spreek die Here HERE! | |
Ezek | Afr1953 | 2:5 | Maar of hulle nou al luister of nie — want hulle is 'n wederstrewige huis — hulle sal moet erken dat daar 'n profeet in hulle midde gewees het. | |
Ezek | Afr1953 | 2:6 | En jy, mensekind, wees nie vir hulle of vir hulle woorde bevrees nie, omdat distels en dorings by jou is, en jy by skerpioene woon; wees nie bevrees vir hulle woorde en wees voor hulle aangesig nie verskrik nie, want hulle is 'n wederstrewige huis. | |
Ezek | Afr1953 | 2:7 | Maar jy moet hulle my woorde verkondig, of hulle al luister of nie; want hulle is wederstrewig. | |
Ezek | Afr1953 | 2:8 | Maar jy, mensekind, luister na wat Ek jou sê; wees nie wederstrewig soos die wederstrewige huis nie; maak jou mond wyd oop, en eet wat Ek jou gee. | |