JUDGES
Chapter 17
Judg | Afr1953 | 17:2 | Dié het aan sy moeder gesê: die elf honderd sikkels silwer wat van u geneem is en waaroor u 'n vloek uitgespreek het en dit ook voor my ore gesê het — hier is die geld by my, ék het dit geneem. Toe sê sy moeder: Mag jy geseënd wees deur die HERE, my seun! | |
Judg | Afr1953 | 17:3 | En hy het aan sy moeder die elf honderd sikkels silwer teruggegee. Maar sy moeder het gesê: Ek heilig plegtig die geld aan die HERE; uit my hand is dit vir my seun om 'n gesnede en 'n gegote beeld te maak; ek sal dit dan nou aan jou teruggee. | |
Judg | Afr1953 | 17:4 | Toe hy dan die geld aan sy moeder teruggegee het, neem sy moeder twee honderd sikkels silwer en gee dit aan 'n goudsmid; en hy het daar 'n gesnede en 'n gegote beeld van gemaak wat in die huis van Miga gekom het. | |
Judg | Afr1953 | 17:5 | Die man Miga het naamlik 'n godshuis gehad, en hy het 'n skouerkleed en huisgode gemaak en een van sy seuns aangestel om vir hom priester te wees. | |
Judg | Afr1953 | 17:6 | In dié dae was daar geen koning in Israel nie: elkeen het gedoen wat reg was in sy oë. | |
Judg | Afr1953 | 17:7 | En daar was 'n jongman van Betlehem-Juda, uit die geslag van Juda; hy was 'n Leviet wat daar as vreemdeling vertoef het. | |
Judg | Afr1953 | 17:8 | En die man het uit die stad, uit Betlehem-Juda, getrek om te vertoef waar hy plek kon kry; en op sy reis het hy in die gebergte van Efraim gekom tot by die huis van Miga. | |
Judg | Afr1953 | 17:9 | En Miga vra hom: Waar kom u vandaan? Toe sê hy vir hom: Ek is 'n Leviet, uit Betlehem-Juda, en ek is op trek om te vertoef waar ek plek kan kry. | |
Judg | Afr1953 | 17:10 | En Miga sê vir hom: Bly by my, en wees vir my 'n vader en 'n priester, dan sal ek u jaarliks tien sikkels silwer gee en 'n stel klere en u lewensonderhoud. En die Leviet het gegaan, | |
Judg | Afr1953 | 17:11 | en die Leviet het ingewillig om by die man te bly; en die jongman was vir hom soos een van sy seuns. | |
Judg | Afr1953 | 17:12 | En Miga het die Leviet aangestel, sodat die jongman sy priester geword het, en hy was in die huis van Miga. | |