HOSEA
Chapter 6
Hose | Afr1953 | 6:1 | Kom en laat ons terugkeer tot die HERE; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. | |
Hose | Afr1953 | 6:2 | Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe. | |
Hose | Afr1953 | 6:3 | En laat ons ken — laat ons dit najaag om die HERE te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei. | |
Hose | Afr1953 | 6:4 | Wat sal Ek met jou doen, o Efraim; wat sal Ek met jou doen, o Juda? aangesien julle liefde is soos 'n môrewolk en soos 'n dou wat vroeg weer verdwyn. | |
Hose | Afr1953 | 6:5 | Daarom het Ek hulle neergekap deur die profete, hulle gedood deur die woorde van my mond, en die oordele oor jou kom te voorskyn soos 'n ligstraal. | |
Hose | Afr1953 | 6:6 | Want Ek het 'n behae in liefde en nie in offerande nie, en in kennis van God meer as in brandoffers. | |
Hose | Afr1953 | 6:7 | Maar hulle het soos Adam die verbond oortree, daar het hulle troueloos teen My gehandel. | |
Hose | Afr1953 | 6:9 | En soos 'n rower op die loer lê, loer 'n priesterbende; hulle pleeg moord op die pad na Sigem, ja, hulle het skandelike dade gedoen. | |
Hose | Afr1953 | 6:10 | In die huis van Israel het Ek 'n afskuwelike ding gesien: Efraim het daar tot hoerery verval, Israel is verontreinig. | |