HOSEA
Chapter 10
Hose | Afr1953 | 10:1 | Israel was 'n weelderig uitbottende wynstok wat sy vrug voortgebring het; hoe meer vrug hy gedra het, des te meer altare het hy gebou; hoe beter dit met sy land gesteld was, des te beter het hy die klippilare gemaak. | |
Hose | Afr1953 | 10:2 | Vals is hulle hart; nou sal hulle daarvoor boet; Hy sal hulle altare stukkend breek, hulle klippilare verwoes. | |
Hose | Afr1953 | 10:3 | Ja, nou sal hulle sê: Ons het geen koning nie, want ons het die HERE nie gevrees nie; en die koning — wat sou hy vir ons kan doen? | |
Hose | Afr1953 | 10:4 | Hulle het groot woorde gespreek, vals gesweer, verbonde gesluit — en soos 'n gifplant spruit die oordeel uit in die vore van die landerye. | |
Hose | Afr1953 | 10:5 | Oor die kalf van Bet-Awen sal die inwoners van Samaría besorg wees; want sy volk sal oor hom treur en sy afgodspriesters oor hom sidder, oor sy heerlikheid, omdat dit van hom weggevoer is. | |
Hose | Afr1953 | 10:6 | Hy sal ook self na Assur weggevoer word as 'n geskenk aan koning Jareb; skaamte sal Efraim aangryp, en Israel sal beskaamd staan oor sy eie raadsbesluit. | |
Hose | Afr1953 | 10:8 | En die hoogtes van Awen, Israel se sonde, word verdelg, dorings en distels sal opskiet op hulle altare; en hulle sal tot die berge sê: Bedek ons! en tot die heuwels: Val op ons! | |
Hose | Afr1953 | 10:9 | Sedert die dae van Gíbea het jy gesondig, o Israel! Daar staan hulle — moet die stryd teen die kwaaddoeners hulle nie oorval in Gíbea nie? | |
Hose | Afr1953 | 10:10 | Dit is my begeerte om hulle te tugtig, en volke sal teen hulle versamel word as hulle gebind word aan hulle twee ongeregtighede. | |
Hose | Afr1953 | 10:11 | Maar Efraim is 'n geleerde jong koei wat gewillig dors; nogtans sal Ek self oor haar mooi nek gaan: Ek sal Efraim laat trek; Juda sal die ploeg trek, Jakob sal die eg sleep. | |
Hose | Afr1953 | 10:12 | Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle 'n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën. | |
Hose | Afr1953 | 10:13 | Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde. | |
Hose | Afr1953 | 10:14 | Daarom sal daar oorlogsrumoer onder jou volke ontstaan en al jou vestings verwoes word net soos Salman Bet-Arbel verwoes het in die dag van oorlog: moeders is met kinders en al verpletter. | |