Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
ECCLESIASTES
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 6
Eccl Afr1953 6:1  Daar is 'n onheil wat ek gesien het onder die son, en wat swaar druk op die mensdom:
Eccl Afr1953 6:2  'n Man aan wie God rykdom en skatte en eer gee, sodat hom niks ontbreek van alles wat hy kan begeer nie, maar God stel hom nie in staat om daarvan te geniet nie, want 'n vreemde geniet dit; dit is vergeefse moeite en 'n bitter lyding.
Eccl Afr1953 6:3  As 'n man honderd kinders verwek en baie jare lewe en die dae van sy jare baie is en sy siel nie genoeg kry van die goeie en hy ook nie 'n begrafnis het nie, dan sê ek: 'n Misgeboorte is beter as hy,
Eccl Afr1953 6:4  want in nietigheid kom dit, en in duisternis gaan dit heen, en met duisternis word die naam daarvan bedek;
Eccl Afr1953 6:5  ook het dit die son nie gesien of geken nie. Dit het meer rus as hy.
Eccl Afr1953 6:6  Ja, al lewe hy ook twee maal duisend jaar en geniet nie die goeie nie — gaan nie alles na een en dieselfde plek nie?
Eccl Afr1953 6:7  Al die moeitevolle arbeid van 'n mens is vir sy mond, en tog word die begeerte nie bevredig nie.
Eccl Afr1953 6:8  Want watter voorkeur het die wyse bo die dwaas, watter voorkeur die arme wat weet om hom te beweeg onder die lewendes?
Eccl Afr1953 6:9  Die aanskouing met die oë is beter as die geswerf van die begeerte. Ook dit is tevergeefs en 'n gejaag na wind.
Eccl Afr1953 6:10  Wat hy ook is, lankal is sy naam genoem, en dit is bekend dat hy mens is: hy kan nie in die gereg gaan met Hom wat sterker is as hy nie.
Eccl Afr1953 6:11  Want hoe meer woorde, des te meer vermeerder hulle die nietigheid; watter voordeel het die mens daarvan?
Eccl Afr1953 6:12  Want wie weet wat goed is vir die mens in die lewe gedurende die getal dae van sy nietige lewe wat hy soos 'n skaduwee deurbring? Want wie kan aan die mens bekend maak wat ná hom sal wees onder die son?