Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
ECCLESIASTES
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 10
Eccl Afr1953 10:1  Dooie vlieë laat die salf van die apteker stink en bederwe; 'n bietjie dwaasheid weeg swaarder as wysheid, as eer.
Eccl Afr1953 10:2  Die hart van die wyse is na regs, maar die hart van 'n dwaas is na links.
Eccl Afr1953 10:3  Ja, ook as die dwaas op die weg wandel, ontbreek sy verstand; en hy sê aan elkeen dat hy 'n dwaas is.
Eccl Afr1953 10:4  As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.
Eccl Afr1953 10:5  Daar is 'n verkeerdheid wat ek onder die son gesien het, 'n dwaling wat van die maghebber uitgaan:
Eccl Afr1953 10:6  die dwaasheid word op groot hoogtes gestel, en die rykes moet in die vernedering sit.
Eccl Afr1953 10:7  Ek het slawe te perd gesien en vorste wat soos slawe op die grond loop.
Eccl Afr1953 10:8  Wie 'n kuil grawe, kan daarin val; en een wat 'n muur afbreek, 'n slang kan hom byt.
Eccl Afr1953 10:9  Wie klippe uitbreek, kan hom daarmee seermaak; wie hout klowe, kan daardeur in gevaar kom.
Eccl Afr1953 10:10  As die yster stomp geword het, en 'n mens die snykant nie geslyp het nie, moet hy die kragte meer inspan; maar wysheid is voordelig om iets te laat beantwoord.
Eccl Afr1953 10:11  As die slang byt voor die beswering, baat die besweerder nie.
Eccl Afr1953 10:12  Die woorde uit die mond van 'n wyse is aangenaam, maar die lippe van 'n dwaas verslind homself.
Eccl Afr1953 10:13  Die begin van die woorde van sy mond is dwaasheid, en die einde van sy mond is skadelike onverstandigheid.
Eccl Afr1953 10:14  En die dwaas gebruik baie woorde; maar die mens weet nie wat daar sal gebeur nie; en wat ná hom sal wees, wie kan hom dit te kenne gee?
Eccl Afr1953 10:15  Die inspanning van die dwaas vermoei hom, omdat hy nie eens weet om na die stad te gaan nie.
Eccl Afr1953 10:16  Wee jou, o land, as jou koning 'n kind is, en as jou vorste in die môre vroeg maaltyd hou.
Eccl Afr1953 10:17  Gelukkig is jy, o land, as jou koning 'n edele is, en as jou vorste op die regte tyd maaltyd hou soos manne en nie soos drinkers nie.
Eccl Afr1953 10:18  Deur allerhande luiheid versak die balkwerk, en deur slapheid van die hande lek die huis.
Eccl Afr1953 10:19  Vir plesier maak hulle maaltye klaar, en die wyn maak die lewe vrolik, en die geld verskaf alles.
Eccl Afr1953 10:20  Vloek die koning selfs in jou gedagte nie, en vloek in jou slaapkamer die ryke nie; want die voëls van die hemel sou die geluid kon wegvoer, en die gevleueldes die woord te kenne gee.