ECCLESIASTES
Chapter 3
Eccl | Afr1953 | 3:2 | 'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterwe, 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te roei wat geplant is, | |
Eccl | Afr1953 | 3:3 | 'n tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak, 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou, | |
Eccl | Afr1953 | 3:4 | 'n tyd om te ween en 'n tyd om te lag, 'n tyd om te weeklaag en 'n tyd om van vreugde rond te spring, | |
Eccl | Afr1953 | 3:5 | 'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak, 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing, | |
Eccl | Afr1953 | 3:6 | 'n tyd om te soek en 'n tyd om verlore te laat gaan, 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi, | |
Eccl | Afr1953 | 3:7 | 'n tyd om te skeur en 'n tyd om aanmekaar te werk, 'n tyd om te swyg en 'n tyd om te spreek, | |
Eccl | Afr1953 | 3:10 | Ek het die taak gesien wat God aan die mensekinders gegee het om hulle daarmee te kwel. | |
Eccl | Afr1953 | 3:11 | Alles het Hy mooi gemaak op sy tyd; ook het Hy die eeu in hulle hart gelê sonder dat die mens die werk wat God doen, van begin tot end, kan uitvind. | |
Eccl | Afr1953 | 3:12 | So het ek dan ingesien dat daar niks beters onder hulle is nie as om bly te wees en om goed te doen in die lewe. | |
Eccl | Afr1953 | 3:13 | En ook — dat elke mens eet en drink en die goeie geniet by al sy moeitevolle arbeid; dit is 'n gawe van God. | |
Eccl | Afr1953 | 3:14 | Ek het ingesien dat alles wat God doen, vir ewig sal bestaan; daar kan niks bygevoeg en daar kan niks van weggeneem word nie; en God het dit so gemaak dat hulle moet vrees voor sy aangesig. | |
Eccl | Afr1953 | 3:15 | Alles wat is, was alreeds; en wat sal wees, was alreeds; en God soek weer op wat verbygegaan het. | |
Eccl | Afr1953 | 3:16 | Verder het ek ook gesien onder die son die plek van die gereg — daar was onreg, en die plek van geregtigheid — daar was onreg. | |
Eccl | Afr1953 | 3:17 | Ek het in my hart gesê: Gód sal die regverdige en die goddelose oordeel, want dáár is 'n tyd vir elke saak en vir elke werk. | |
Eccl | Afr1953 | 3:18 | Ek het in my hart gesê: Ter wille van die mensekinders gebeur dit, dat God hulle kan beproef, en dat hulle kan insien dat hulle in hulleself vee is. | |
Eccl | Afr1953 | 3:19 | Want die lot van die mensekinders is ook die lot van die veediere: hulle het een en dieselfde lot; soos die een sterwe, so sterwe die ander, en hulle almal het dieselfde asem, en 'n voorkeur van die mens bo die veediere is daar nie; want alles is tevergeefs. | |
Eccl | Afr1953 | 3:20 | Alles gaan na een plek toe; alles is uit die stof, en alles keer na die stof terug. | |
Eccl | Afr1953 | 3:21 | Wie bespeur dat die asem van die mensekinders opgaan boontoe, en dat die asem van die veediere neerdaal ondertoe in die aarde? | |