Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
HEBREWS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 5
Hebr Afr1953 5:1  Want elke hoëpriester wat uit die mense geneem word, tree ten behoewe van mense op in die dinge wat in betrekking tot God staan, om gawes en offers vir die sondes te bring
Hebr Afr1953 5:2  as een wat kan saamvoel met die onwetendes en dwalendes, omdat hy self ook met swakheid bevange is.
Hebr Afr1953 5:3  En daarom juis moet hy, net soos vir die volk, so ook vir homself vanweë die sondes offer.
Hebr Afr1953 5:4  En niemand neem die waardigheid vir homself nie, maar hy wat deur God geroep word, net soos Aäron.
Hebr Afr1953 5:5  So het Christus ook Homself nie verheerlik om Hoëpriester te word nie, maar Hy het Hom verheerlik wat vir Hom gesê het: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer.
Hebr Afr1953 5:6  Soos Hy ook op 'n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.
Hebr Afr1953 5:7  Hy wat in die dae van sy vlees gebede en smekinge met sterk geroep en trane aan Hóm geoffer het wat Hom uit die dood kon red, en ook verhoor is uit die angs —
Hebr Afr1953 5:8  Hy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het;
Hebr Afr1953 5:9  en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, 'n bewerker van ewige saligheid geword
Hebr Afr1953 5:10  en is deur God genoem 'n hoëpriester volgens die orde van Melgisédek;
Hebr Afr1953 5:11  waaroor ons veel te sê het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor.
Hebr Afr1953 5:12  Want hoewel julle vanweë die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat 'n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer, en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie.
Hebr Afr1953 5:13  Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid, omdat hy 'n kind is.
Hebr Afr1953 5:14  Maar vaste spys is vir volwassenes, vir die wat geestesvermoëns besit deur die gewoonte geoefen, om goed van kwaad te onderskei.