JEREMIAH
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
Chapter 12
Jere | Afr1953 | 12:1 | Regverdig is U, o HERE, as ek met U sou twis. Tog wil ek oor regsake met U spreek: Waarom is die weg van die goddelose voorspoedig? Waarom lewe hulle rustig, almal wat ontrou bedrywe? | |
Jere | Afr1953 | 12:2 | U het hulle geplant, ook het hulle wortel geskiet; hulle groei, ook dra hulle vrugte. U is naby in hulle mond, maar ver van hulle niere. | |
Jere | Afr1953 | 12:3 | Maar U, o HERE, ken my; U sien my en toets my hart by U. Ruk hulle weg soos slagskape, en heilig hulle vir die dag van slagting. | |
Jere | Afr1953 | 12:4 | Hoe lank sal die land treur en die plante van die hele veld verdor? Vanweë die boosheid van die wat daarin woon, vergaan diere en voëls; omdat hulle sê: Hy sal ons einde nie sien nie! | |
Jere | Afr1953 | 12:5 | As jy met voetgangers loop, maak hulle jou moeg: hoe sal jy dan wedywer met die perde? En in 'n land van vrede voel jy jou veilig: hoe sal jy dan maak in die pronkbosse van die Jordaan? | |
Jere | Afr1953 | 12:6 | Want ook jou broers en die huis van jou vader, ook hulle het troueloos teen jou gehandel; ook hulle roep jou hardop agterna. Glo hulle nie as hulle vriendelik met jou spreek nie. | |
Jere | Afr1953 | 12:7 | Ek het my huis verlaat, Ek het my erfenis verwerp, Ek het die beminde van my siel in die hand van haar vyande gegee. | |
Jere | Afr1953 | 12:8 | My erfenis het vir My geword soos 'n leeu in die bos; dit het sy stem teen My verhef; daarom het Ek dit gehaat. | |
Jere | Afr1953 | 12:9 | Is my erfenis dan vir My 'n bont roofvoël? Is daar roofvoëls rondom teen hom? Kom, maak al die wilde diere van die veld bymekaar, laat hulle kom om te eet. | |
Jere | Afr1953 | 12:10 | Baie herders het my wingerd verniel, hulle het my stuk land vertrap, hulle het my begeerlike stuk land 'n woeste wildernis gemaak, | |
Jere | Afr1953 | 12:11 | hulle het dit 'n wildernis gemaak; dit treur voor My, verwoes; die hele land is verwoes, omdat daar niemand is wat dit ter harte neem nie. | |
Jere | Afr1953 | 12:12 | Op al die kaal heuwels in die woestyn het verwoesters gekom, want die swaard van die HERE verteer van die een end van die land tot die ander end van die land; daar is geen vrede vir enige vlees nie. | |
Jere | Afr1953 | 12:13 | Hulle het koring gesaai, maar dorings gemaai; hulle het hul uitgeput sonder om baat te vind. Staan dan beskaamd oor julle inkomste, vanweë die toorngloed van die HERE. | |
Jere | Afr1953 | 12:14 | So sê die HERE: Aangaande al my goddelose bure wat die erfenis aantas wat Ek my volk Israel laat erf het — kyk, Ek ruk hulle uit hul land uit, en die huis van Juda sal Ek uit hulle midde wegruk. | |
Jere | Afr1953 | 12:15 | Maar nadat Ek hulle uitgeruk het, sal Ek My weer oor hulle ontferm; en Ek sal hulle terugbring, elkeen na sy erfenis en elkeen na sy land. | |
Jere | Afr1953 | 12:16 | En as hulle ywerig die weë van my volk leer om te sweer by my Naam: So waar as die HERE leef, soos hulle my volk geleer het om te sweer by Baäl — dan sal hulle onder my volk gebou word. | |