ZEPHANIAH
Chapter 2
Zeph | Afr1953 | 2:2 | Voordat die besluit baar — soos kaf gaan die dag verby — voordat daar oor julle kom die toorngloed van die HERE, voordat oor julle kom die dag van die toorn van die HERE. | |
Zeph | Afr1953 | 2:3 | Soek die HERE, o alle ootmoediges van die land, wat sy ordening onderhou; soek geregtigheid, soek ootmoedigheid — miskien sal julle verborge bly op die dag van die toorn van die HERE. | |
Zeph | Afr1953 | 2:4 | Want Gasa sal verlate wees en Askelon tot verwoesting; Asdod sal op die helder middag verdryf word, en Ekron sal ontwortel word. | |
Zeph | Afr1953 | 2:5 | Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die Kretiërs! Die woord van die HERE is teen julle, Kanaän, land van die Filistyne — Ek verdelg jou, sodat daar niemand meer woon nie. | |
Zeph | Afr1953 | 2:7 | En dit sal wees 'n deel vir die oorblyfsel van die huis van Juda: hulle sal daarop wei; hulle sal saans in die huise van Askelon gaan lê, want die HERE hulle God sal op hulle ag gee en hulle lot verander. | |
Zeph | Afr1953 | 2:8 | Ek het gehoor die smaadtaal van Moab en die beskimpinge van die kinders van Ammon, waarmee hulle my volk gesmaad het, en hoe hulle hul groot gehou het teen sy grondgebied. | |
Zeph | Afr1953 | 2:9 | Daarom, so waar as Ek leef, spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Moab sal word soos Sodom en die kinders van Ammon soos Gomorra — 'n veld van brandnekels en soutpanne en 'n verwoesting vir ewig; die oorblyfsel van my volk sal hulle berowe, en die res van my nasie sal hulle beërwe. | |
Zeph | Afr1953 | 2:10 | Dit oorkom hulle vir hul trotsheid, want hulle het geskimp op en hulle groot gehou teen die volk van die HERE van die leërskare. | |
Zeph | Afr1953 | 2:11 | Vreeslik sal die HERE teen hulle wees, want Hy laat al die gode van die aarde wegkwyn; sodat hulle Hom kan aanbid elkeen uit sy woonplek, al die kuslande van die nasies. | |
Zeph | Afr1953 | 2:13 | Dan sal Hy sy hand uitstrek teen die noorde, en Hy sal Assur vernietig en Ninevé tot 'n verwoesting maak, dor soos die woestyn. | |
Zeph | Afr1953 | 2:14 | En binne-in die stad sal troppe vee lê en allerhande gediertes by troppe, die pelikaan sowel as die krimpvarkie op sy kapitele vernag; hoor! daar word gesing in die venster; verwoesting sit op die drumpel, want hulle het die sederwerk afgeruk. | |