ZECHARIAH
Chapter 6
Zech | Afr1953 | 6:1 | En ek het weer my oë opgeslaan en gekyk — daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom, en die berge was berge van koper. | |
Zech | Afr1953 | 6:4 | Daarop het ek aangehef en aan die engel wat met my gespreek het, gesê: Wat beteken dit, my heer? | |
Zech | Afr1953 | 6:5 | En die engel het geantwoord en vir my gesê: Dit is die vier winde van die hemel wat uitgaan nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde. | |
Zech | Afr1953 | 6:6 | Dié met die swart perde trek uit na die land van die noorde, en die wittes trek uit agter hulle aan; en die bontes trek uit na die land van die suide. | |
Zech | Afr1953 | 6:7 | En toe die sterkes uittrek, het hulle begeer om weg te trek om die aarde te deurkruis; en Hy het gesê: Trek weg, deurkruis die aarde! En hulle het die aarde deurkruis. | |
Zech | Afr1953 | 6:8 | Toe het Hy my geroep en aan my dit gesê: Kyk, die wat uittrek na die land van die noorde, hulle bring my Gees tot rus in die land van die noorde. | |
Zech | Afr1953 | 6:10 | Neem aan van die ballinge, uit die hand van Heldai, Tobía en Jedája — kom jy op dieselfde dag en gaan na die huis van Josía, die seun van Sefánja, waar hulle uit Babel aangekom het — | |
Zech | Afr1953 | 6:11 | neem dan aan silwer en goud, en maak 'n kroon en sit dit op die hoof van Josua, die seun van Jósadak, die hoëpriester, | |
Zech | Afr1953 | 6:12 | en sê vir hom dit: So spreek die HERE van die leërskare: Kyk, daar kom 'n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou. | |
Zech | Afr1953 | 6:13 | Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy 'n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan. | |
Zech | Afr1953 | 6:14 | En die kroon moet as gedagtenis bly aan Helem en Tobía en Jedája, en aan die vriendelikheid van die seun van Sefánja in die tempel van die HERE. | |