Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
HEBREWS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 1
Hebr Afr1953 1:1  Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun
Hebr Afr1953 1:2  wat Hy as erfgenaam van alles aangestel het, deur wie Hy ook die wêreld gemaak het.
Hebr Afr1953 1:3  Hy, wat die afskynsel is van sy heerlikheid en die afdruksel van sy wese en alle dinge dra deur die woord van sy krag, nadat Hy deur Homself die reiniging van ons sondes bewerk het, het gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogte,
Hebr Afr1953 1:4  terwyl Hy soveel uitnemender geword het as die engele namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle.
Hebr Afr1953 1:5  Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer? en weer: Ek sal vir Hom 'n Vader wees, en Hy sal vir My 'n Seun wees?
Hebr Afr1953 1:6  En wanneer Hy weer die Eersgeborene in die wêreld inbring, sê Hy: En al die engele van God moet Hom aanbid.
Hebr Afr1953 1:7  En van die engele sê Hy wel: Hy wat van sy boodskappers winde maak en van sy dienaars vuurvlamme;
Hebr Afr1953 1:8  maar van die Seun: U troon, o God, is tot in alle ewigheid, die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer;
Hebr Afr1953 1:9  U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle;
Hebr Afr1953 1:10  en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.
Hebr Afr1953 1:11  Hulle sal vergaan, maar U bly; en hulle sal almal soos 'n kleed verslyt,
Hebr Afr1953 1:12  en soos 'n mantel sal U hulle toerol, en hulle sal verander word, maar U is dieselfde, en u jare het geen einde nie.
Hebr Afr1953 1:13  En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete?
Hebr Afr1953 1:14  Is hulle nie almal dienende geeste wat vir diens uitgestuur word ter wille van die wat die saligheid sal beërwe nie?