Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
I TIMOTHY
1 2 3 4 5 6
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 2
I Ti Afr1953 2:1  In die eerste plek vermaan ek dan dat smekinge, gebede, voorbedes, danksegginge gedoen moet word vir alle mense;
I Ti Afr1953 2:2  vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons 'n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid.
I Ti Afr1953 2:3  Want dit is goed en aangenaam voor God, ons Verlosser,
I Ti Afr1953 2:4  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom.
I Ti Afr1953 2:5  Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,
I Ti Afr1953 2:6  wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal, as die getuienis op die regte tyd,
I Ti Afr1953 2:7  waartoe ek aangestel is as 'n prediker en apostel — ek sê die waarheid in Christus, ek lieg nie — 'n leraar van die heidene in geloof en waarheid.
I Ti Afr1953 2:8  Ek wil dan hê dat die manne op elke plek moet bid en heilige hande ophef sonder toorn en twis.
I Ti Afr1953 2:9  So ook moet die vroue hulle versier met behoorlike kleding, gepaard met beskeidenheid en ingetoënheid, nie met vlegsels of goud of pêrels of kosbare klere nie,
I Ti Afr1953 2:10  maar, soos dit vroue betaam wat die godsvrug bely, met goeie werke.
I Ti Afr1953 2:11  Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid.
I Ti Afr1953 2:12  Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou.
I Ti Afr1953 2:14  En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom.
I Ti Afr1953 2:15  Maar sy sal gered word deur kinders te baar, as hulle bly in geloof en liefde en heiligmaking, met ingetoënheid.