I TIMOTHY
Chapter 5
I Ti | Afr1953 | 5:1 | 'n Bejaarde man moet jy nie hard bestraf nie, maar vermaan hom soos 'n vader, jongeres soos broers, | |
I Ti | Afr1953 | 5:4 | Maar as 'n weduwee kinders of kleinkinders het, laat hulle eers leer om teenoor hulle eie huis eerbied te betoon en vergelding te doen aan hulle ouers; want dit is goed en aangenaam voor God. | |
I Ti | Afr1953 | 5:5 | En sy wat waarlik weduwee is en alleen gelaat is, hoop op God en bly in smekinge en gebede nag en dag. | |
I Ti | Afr1953 | 5:8 | Maar iemand wat vir sy eie mense, en veral sy huisgenote, nie sorg nie, het die geloof verloën en is slegter as 'n ongelowige. | |
I Ti | Afr1953 | 5:9 | Laat 'n weduwee gekies word, nie minder as sestig jaar oud nie, wat die vrou van een man gewees het | |
I Ti | Afr1953 | 5:10 | en getuienis het van goeie werke, as sy kinders grootgemaak het, gasvry gewees het, die voete van die heiliges gewas het, verdruktes gehelp en elke goeie werk nagestreef het. | |
I Ti | Afr1953 | 5:11 | Maar jy moet die jong weduwees afwys; want wanneer hulle tot oneer van Christus wellustig word, wil hulle trou | |
I Ti | Afr1953 | 5:13 | En tegelykertyd leer hulle ook om ledig by die huise rond te gaan; en nie alleen is hulle ledig nie, maar ook praatsiek en bemoeisiek, want hulle praat wat nie behoorlik is nie. | |
I Ti | Afr1953 | 5:14 | Ek wil dan hê dat die jong weduwees moet trou, kinders baar, hulle huise regeer en die teëparty geen aanleiding gee om kwaad te spreek nie. | |
I Ti | Afr1953 | 5:16 | As 'n gelowige man of 'n gelowige vrou weduwees by hulle het, moet dié aan hulle hulp verleen; en laat die gemeente nie beswaar word nie, sodat dit die wat waarlik weduwees is, kan help. | |
I Ti | Afr1953 | 5:17 | Laat die ouderlinge wat goed regeer, dubbele eer waardig geag word, veral die wat arbei in woord en leer. | |
I Ti | Afr1953 | 5:18 | Want die Skrif sê: Jy mag 'n os wat graan dors, nie muilband nie; en: Die arbeider is sy loon werd. | |
I Ti | Afr1953 | 5:19 | Moenie 'n beskuldiging teen 'n ouderling aanneem nie, behalwe op die getuienis van twee of drie. | |
I Ti | Afr1953 | 5:20 | Bestraf die wat sondig, in die teenwoordigheid van almal, sodat ook die ander kan vrees. | |
I Ti | Afr1953 | 5:21 | Ek besweer jou voor God en die Here Jesus Christus en die uitverkore engele dat jy hierdie dinge sonder vooroordeel in ag neem en niks uit partydigheid doen nie. | |
I Ti | Afr1953 | 5:22 | Moenie haastig iemand die hande oplê nie, en moet ook nie met die sondes van ander gemeenskap hê nie. Hou jou rein. | |
I Ti | Afr1953 | 5:23 | Moenie langer water alleen drink nie, maar gebruik 'n bietjie wyn ter wille van jou maag en jou herhaalde ongesteldhede. | |
I Ti | Afr1953 | 5:24 | Die sondes van sommige mense is baie duidelik en gaan voor hulle uit tot die oordeel, maar volg ander eers agterna. | |