II CHRONICLES
Chapter 17
II C | Afr1953 | 17:2 | En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het. | |
II C | Afr1953 | 17:3 | En die HERE was met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie, | |
II C | Afr1953 | 17:4 | maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie. | |
II C | Afr1953 | 17:5 | Daarom het die HERE die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het. | |
II C | Afr1953 | 17:6 | En sy hart het moedig geword in die weë van die HERE, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder. | |
II C | Afr1953 | 17:7 | En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Obádja en Sagaría en Netáneël en Migája gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee; | |
II C | Afr1953 | 17:8 | en saam met hulle die Leviete Semája en Netánja en Sebádja en Asahel en Semíramot en Jónatan en Adónia en Tobía en Tob-Adónia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elisáma en Joram. | |
II C | Afr1953 | 17:9 | En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die HERE by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee. | |
II C | Afr1953 | 17:10 | En 'n skrik vir die HERE het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Jósafat oorlog gevoer het nie. | |
II C | Afr1953 | 17:11 | En van die Filistyne het vir Jósafat geskenke en 'n vrag silwer gebring; selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: sewe duisend sewe honderd ramme en sewe duisend sewe honderd bokke. | |
II C | Afr1953 | 17:12 | So het Jósafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in Juda forte en voorraadstede gebou. | |
II C | Afr1953 | 17:13 | En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem. | |
II C | Afr1953 | 17:14 | En dit was hulle getal volgens hulle families: Van Juda was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom drie honderd duisend dapper helde; | |
II C | Afr1953 | 17:15 | en naas hom was die owerste Jóhanan en saam met hom twee honderd en tagtig duisend; | |
II C | Afr1953 | 17:16 | en naas hom was Amásia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die HERE, en saam met hom twee honderd duisend dapper helde; | |
II C | Afr1953 | 17:17 | en uit Benjamin was Éljada, 'n dapper held, en saam met hom twee honderd duisend, gewapen met boog en skild; | |
II C | Afr1953 | 17:18 | en naas hom was Jósabad en saam met hom honderd en tagtig duisend, vir kommando gewapen. | |