ISAIAH
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
49
50
51
52
53
54
55
56
57
58
59
60
61
62
63
64
65
66
Chapter 64
Isai | Afr1953 | 64:1 | Ag, as U maar die hemele wou skeur, wou neerdaal, dat die berge wankel voor u aangesig | |
Isai | Afr1953 | 64:2 | — soos vuur die houtjies aan die brand steek, vuur die water laat opborrel — om u Naam aan u teëstanders bekend te maak, sodat nasies voor u aangesig kan bewe | |
Isai | Afr1953 | 64:3 | wanneer U vreeslike dinge doen waar ons nie op gehoop het nie — as U maar wou neerdaal, sodat die berge wankel voor u aangesig! | |
Isai | Afr1953 | 64:4 | Van ouds af tog het niemand dit gehoor of verneem nie, geen oog het 'n God gesien wat werksaam is vir wie op Hom wag nie, behalwe U. | |
Isai | Afr1953 | 64:5 | U kom hom tegemoet wat met vreugde geregtigheid beoefen, hulle wat aan U dink op u weë. Kyk, U was toornig, en ons het gesondig; in dié toestand was ons baie lank, en — sal ons verlos word? | |
Isai | Afr1953 | 64:6 | En ons het almal geword soos 'n onreine, en al ons geregtighede soos 'n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind. | |
Isai | Afr1953 | 64:7 | En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede. | |
Isai | Afr1953 | 64:8 | Maar nou, HERE, U is ons Vader; ons is die klei, en U is ons Formeerder, en ons almal is die werk van u hand. | |
Isai | Afr1953 | 64:9 | HERE, wees nie uitermate toornig nie, en dink nie vir ewig aan die ongeregtigheid nie; aanskou dit tog dat ons almal u volk is. | |
Isai | Afr1953 | 64:10 | U heilige stede het 'n woestyn geword; Sion het 'n woestyn geword, Jerusalem 'n wildernis. | |
Isai | Afr1953 | 64:11 | Ons heilige en heerlike huis waar ons vaders U geloof het, is met vuur verbrand, en al wat vir ons dierbaar was, het 'n puinhoop geword. | |