Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
SONG OF SOLOMON
1 2 3 4 5 6 7 8
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 7
Song Afr1953 7:1  Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, 'n werk van kunstenaarshande.
Song Afr1953 7:2  U nawel is 'n ronde kom — laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is 'n hoop koring, omring deur lelies.
Song Afr1953 7:3  U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van 'n gemsbok.
Song Afr1953 7:4  U hals is soos 'n ivoortoring, u oë vywers in Hesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die Líbanon wat na Damaskus toe uitkyk.
Song Afr1953 7:5  U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper — 'n koning gevang in haarlokke!
Song Afr1953 7:6  Hoe mooi en hoe lieflik is u, o liefde, onder al die genietinge!
Song Afr1953 7:7  U hoë gestalte daar lyk soos 'n dadelpalm, en u borste soos vrugtetrosse.
Song Afr1953 7:8  Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos dié van appels,
Song Afr1953 7:9  en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap.
Song Afr1953 7:11  Kom, my beminde, laat ons uitgaan in die veld, laat ons in die dorpe vernag.
Song Afr1953 7:12  Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee.
Song Afr1953 7:13  Die liefdesappels gee geur, en by ons deure is allerhande kostelike vrugte, vars en oud; o my beminde, dit het ek vir u weggebêre.