SONG OF SOLOMON
Chapter 6
Song | Afr1953 | 6:1 | Waar het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek? | |
Song | Afr1953 | 6:2 | My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel. | |
Song | Afr1953 | 6:4 | Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels. | |
Song | Afr1953 | 6:5 | Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos 'n kudde bokke wat van Gílead afgolf. | |
Song | Afr1953 | 6:6 | U tande is soos 'n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie. | |
Song | Afr1953 | 6:9 | Een, dié is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem: | |
Song | Afr1953 | 6:10 | Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels? | |
Song | Afr1953 | 6:11 | Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom. | |
Song | Afr1953 | 6:12 | Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk. | |