Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
SONG OF SOLOMON
1 2 3 4 5 6 7 8
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 6
Song Afr1953 6:1  Waar het u beminde heengegaan, o skoonste onder die vroue? Waarheen het u beminde hom gewend, dat ons hom saam met u kan soek?
Song Afr1953 6:2  My beminde het afgeloop na sy tuin, na die balsembeddings om hom te vermaak in die tuine en om lelies te versamel.
Song Afr1953 6:3  Ek is my beminde s'n, en my beminde is myne — hy wat herder is onder die lelies.
Song Afr1953 6:4  Mooi is u, my vriendin, soos Tirsa, lieflik soos Jerusalem, verskriklik soos slagordes met vaandels.
Song Afr1953 6:5  Draai u oë van my af weg, want hulle verskrik my; u hare is soos 'n kudde bokke wat van Gílead afgolf.
Song Afr1953 6:6  U tande is soos 'n kudde skaapooie wat van die drinkplek af opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.
Song Afr1953 6:7  U slape is soos 'n granaatskyf deur u sluier heen.
Song Afr1953 6:8  Daar is sestig koninginne en tagtig byvroue en jonkvroue sonder getal.
Song Afr1953 6:9  Een, dié is my duif, my volmaakte, die enigste vir haar moeder; sy is die uitverkorene vir die een wat haar gebaar het. Die dogters het haar gesien en haar gelukkig geprys, die koninginne en die byvroue, en haar geroem:
Song Afr1953 6:10  Wie is dit wat daar opkom soos die dageraad, mooi soos die maan, rein soos die son, verskriklik soos slagordes met vaandels?
Song Afr1953 6:11  Ek het afgeloop na die neutetuin om te kyk na die uitspruitsels in die dal, om te kyk of die wingerdstok uitloop, die granate blom.
Song Afr1953 6:12  Voordat ek dit geweet het, het my verlange my verplaas op die waens van my edele volk.
Song Afr1953 6:13  Kom terug, kom terug, Sulammitiese, kom terug, kom terug, dat ons u kan aansien. Wat sien julle aan die Sulammitiese? Iets soos die koordans van Mahanáim.