SONG OF SOLOMON
Chapter 7
Song | Afr1953 | 7:1 | Hoe mooi is u skrede in die skoene, o edele dogter! Die golwende lyne van u heupe is soos halssierade, 'n werk van kunstenaarshande. | |
Song | Afr1953 | 7:2 | U nawel is 'n ronde kom — laat die gemengde wyn nie ontbreek nie. U liggaam is 'n hoop koring, omring deur lelies. | |
Song | Afr1953 | 7:4 | U hals is soos 'n ivoortoring, u oë vywers in Hesbon by die poort Bat-Rabbim; u neus soos die toring van die Líbanon wat na Damaskus toe uitkyk. | |
Song | Afr1953 | 7:5 | U hoof op u is soos die Karmel, en die golwende hare van u hoof soos purper — 'n koning gevang in haarlokke! | |
Song | Afr1953 | 7:8 | Ek het gedink: Laat ek op die dadelpalm klim, laat ek sy trosse gryp; en laat u borste tog wees soos trosse van die wingerdstok, en die geur van u asem soos dié van appels, | |
Song | Afr1953 | 7:9 | en u verhemelte soos die beste wyn wat vir my beminde saggies na binne gly, en oor die lippe vloei van die wat inslaap. | |
Song | Afr1953 | 7:12 | Laat ons vroeg na die wingerde gaan, laat ons sien of die wingerdstok uitloop, die druiwebloeisel oopgaan, die granate blom. Daar sal ek u my liefde gee. | |