Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
TITUS
1 2 3
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Titu Afr1953 3:1  Herinner hulle daaraan om onderdanig te wees aan owerhede en magte, om gehoorsaam te wees, bereid tot elke goeie werk;
Titu Afr1953 3:2  om niemand te belaster nie, nie strydlustig te wees nie, vriendelik te wees en aan alle mense alle sagmoedigheid te bewys.
Titu Afr1953 3:3  Want ons was ook vroeër onverstandig, ongehoorsaam, op 'n dwaalweg, verslaaf aan allerhande begeerlikhede en singenot; ons het in boosheid en afguns gelewe; ons was haatlik en het mekaar gehaat.
Titu Afr1953 3:4  Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het —
Titu Afr1953 3:5  nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees
Titu Afr1953 3:6  wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser;
Titu Afr1953 3:7  sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe.
Titu Afr1953 3:8  Dit is 'n betroubare woord, en ek wil hê dat jy hierdie dinge beslis bevestig, sodat die wat in God glo, sorg kan dra om goeie werke voor te staan; dít is wat goed en nuttig is vir die mense.
Titu Afr1953 3:9  Maar vermy dwase strydvrae en geslagsregisters en twis en stryery oor die wet, want dit is nutteloos en doelloos.
Titu Afr1953 3:10  Aan 'n man wat partyskap verwek, moet jy jou onttrek ná die eerste en tweede vermaning,
Titu Afr1953 3:11  wetende dat so iemand op 'n verkeerde pad is en sonde doen en selfveroordeeld staan.
Titu Afr1953 3:12  Wanneer ek Artemas of Tíchikus na jou stuur, doen dan jou bes om na my te kom in Nikópolis, want ek het besluit om daar te oorwinter.
Titu Afr1953 3:13  Jy moet Senas, die wetgeleerde, en Apollos ywerig voorthelp, sodat dit hulle aan niks ontbreek nie.
Titu Afr1953 3:14  Ons mense moet ook leer om vir die noodsaaklike behoeftes goeie werke voor te staan, sodat hulle nie onvrugbaar mag wees nie.
Titu Afr1953 3:15  Almal wat saam met my is, groet jou. Groet die wat vir ons liefhet in die geloof. Die genade sy met julle almal! Amen.