Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
TITUS
1 2 3
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 2
Titu Afr1953 2:2  Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid.
Titu Afr1953 2:3  Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is,
Titu Afr1953 2:4  sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê,
Titu Afr1953 2:5  ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie.
Titu Afr1953 2:6  Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees.
Titu Afr1953 2:7  Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid.
Titu Afr1953 2:8  Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie.
Titu Afr1953 2:9  Die diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teëpraat nie;
Titu Afr1953 2:10  hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier.
Titu Afr1953 2:11  Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn
Titu Afr1953 2:12  en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe,
Titu Afr1953 2:13  terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus,
Titu Afr1953 2:14  wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke.
Titu Afr1953 2:15  Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.