I TIMOTHY
Chapter 4
I Ti | Afr1953 | 4:1 | Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang | |
I Ti | Afr1953 | 4:3 | wat verbied om te trou en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken. | |
I Ti | Afr1953 | 4:4 | Want alles wat deur God geskape is, is goed, en niks is verwerplik as dit met danksegging ontvang word nie; | |
I Ti | Afr1953 | 4:6 | As jy hierdie dinge aan die broeders voorhou, sal jy 'n goeie dienaar van Jesus Christus wees terwyl jy jouself voed met die woorde van die geloof en van die goeie leer waarvan jy 'n navolger geword het. | |
I Ti | Afr1953 | 4:8 | Want die liggaamlike oefening is tot weinig nut, maar die godsaligheid is nuttig vir alles, omdat dit die belofte van die teenwoordige en die toekomende lewe het. | |
I Ti | Afr1953 | 4:10 | want hiervoor arbei ons ook en word ons gesmaad, omdat ons gehoop het op die lewende God wat 'n behouder is van alle mense, insonderheid van die gelowiges. | |
I Ti | Afr1953 | 4:12 | Laat niemand jou jonkheid verag nie, maar wees 'n voorbeeld vir die gelowiges in woord, in wandel, in liefde, in gees, in geloof, in reinheid. | |
I Ti | Afr1953 | 4:14 | Verwaarloos nie die genadegawe wat in jou is nie, wat jou gegee is deur die profesie met die handoplegging van die ouderlinge. | |
I Ti | Afr1953 | 4:15 | Wees vlytig in hierdie dinge, leef daarin, sodat jou vooruitgang vir almal duidelik kan wees. | |