Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
II TIMOTHY
1 2 3 4
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
II T Afr1953 3:1  Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.
II T Afr1953 3:2  Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig,
II T Afr1953 3:3  sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,
II T Afr1953 3:4  verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;
II T Afr1953 3:5  mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af.
II T Afr1953 3:6  Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word,
II T Afr1953 3:7  wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.
II T Afr1953 3:8  En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.
II T Afr1953 3:9  Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het.
II T Afr1953 3:10  Maar jy het my navolger geword in leer, lewenswandel, planne, geloof, lankmoedigheid, liefde, lydsaamheid,
II T Afr1953 3:11  vervolginge, lyding, soos my te beurt geval het in Antiochíë, in Ikónium, in Listre. Watter vervolginge het ek nie al verdra nie! En die Here het my uit almal verlos.
II T Afr1953 3:12  En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word.
II T Afr1953 3:13  Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word.
II T Afr1953 3:14  Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het,
II T Afr1953 3:15  en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
II T Afr1953 3:16  Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid,
II T Afr1953 3:17  sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus.