Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
II TIMOTHY
1 2 3 4
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 2
II T Afr1953 2:1  Jy dan, my seun, wees sterk deur die genade wat in Christus Jesus is;
II T Afr1953 2:2  en wat jy van my gehoor het onder baie getuies, vertrou dit toe aan getroue manne wat bekwaam sal wees om ook ander te leer.
II T Afr1953 2:3  Ly dan verdrukking soos 'n goeie krygsman van Jesus Christus.
II T Afr1953 2:4  Niemand wat 'n krygsman is, wikkel hom in die werksaamhede van die lewensonderhoud nie, sodat hy die een kan behaag wat hom vir die diens gewerf het.
II T Afr1953 2:5  En verder, as iemand aan 'n wedstryd deelneem, word hy nie bekroon as hy nie volgens die reëls gewedywer het nie.
II T Afr1953 2:6  Die landbouer wat swaar werk, behoort eerste van die vrugte te geniet.
II T Afr1953 2:7  Dink na oor wat ek sê; en mag die Here jou insig gee in alles!
II T Afr1953 2:8  Onthou dat Jesus Christus, uit die geslag van Dawid, uit die dode opgewek is volgens my evangelie,
II T Afr1953 2:9  waarin ek verdrukking ly tot die boeie toe soos 'n kwaaddoener; maar die woord van God is nie gebonde nie.
II T Afr1953 2:10  Daarom verdra ek alles ter wille van die uitverkorenes, sodat hulle ook die verlossing wat in Christus Jesus is, kan verkry met die ewige heerlikheid.
II T Afr1953 2:11  Dit is 'n betroubare woord; want as ons met Hom gesterf het, sal ons ook met Hom lewe.
II T Afr1953 2:12  As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën.
II T Afr1953 2:13  As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.
II T Afr1953 2:14  Herinner aan hierdie dinge en betuig voor die Here dat hulle geen woordestryd moet voer wat tot geen nut is nie, maar net tot ondergang van die hoorders.
II T Afr1953 2:15  Lê jou daarop toe om jou beproef voor God te stel as 'n werker wat hom nie hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg sny.
II T Afr1953 2:16  Maar die onheilige, onsinnige praatjies moet jy vermy; want hulle sal al verder voortgaan in goddeloosheid,
II T Afr1953 2:17  en hulle woord sal voortwoeker soos 'n kanker, onder wie daar Himenéüs en Filétus is,
II T Afr1953 2:18  wat van die waarheid afgedwaal het, omdat hulle sê dat die opstanding al plaasgevind het; en hulle keer die geloof van sommige om.
II T Afr1953 2:19  Ewenwel, die fondament van God staan vas met hierdie seël: Die Here ken die wat syne is; en: Laat elkeen wat die Naam van Christus noem, afstand doen van die ongeregtigheid.
II T Afr1953 2:20  Maar in 'n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk; en sommige tot eer, maar ander tot oneer.
II T Afr1953 2:21  As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy 'n voorwerp tot eer wees, geheilig en bruikbaar vir die Here, toeberei vir elke goeie werk.
II T Afr1953 2:22  Maar vlug vir die begeerlikhede van die jonkheid en jaag ná geregtigheid, geloof, liefde, vrede, saam met die wat die Here uit 'n rein hart aanroep.
II T Afr1953 2:23  En die dwase en onverstandige strydvrae moet jy afwys, omdat jy weet dat dit twis verwek;
II T Afr1953 2:24  en 'n dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra.
II T Afr1953 2:25  Hy moet die weerspanniges in sagmoedigheid teregwys, of God hulle nie miskien bekering sal gee tot die kennis van die waarheid nie,
II T Afr1953 2:26  en hulle weer nugter kan word, vry van die strik van die duiwel, nadat hulle deur hom gevang was om sy wil te doen.