Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
II CORINTHIANS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 6
II C Afr1953 6:1  En as medewerkers vermaan ons julle ook dat julle die genade van God nie tevergeefs mag ontvang nie.
II C Afr1953 6:2  Want Hy sê: In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil.
II C Afr1953 6:3  Ons lê nie die minste hindernis in die weg nie, sodat die bediening nie beklad mag word nie;
II C Afr1953 6:4  maar in alles beveel ons ons aan as dienaars van God, met baie geduld, in verdrukkinge, in node, in benoudhede;
II C Afr1953 6:5  in slae, in gevangenskappe, in oproere, in arbeid, in slapelose nagte, in hongerly;
II C Afr1953 6:6  in reinheid, in kennis, in lankmoedigheid, in vriendelikheid, in die Heilige Gees, in ongeveinsde liefde;
II C Afr1953 6:7  in die woord van waarheid, in die krag van God, deur die wapens van die geregtigheid in die regter— en linkerhand;
II C Afr1953 6:8  deur eer en oneer, deur slegte en goeie gerug, as verleiers en tog waaragtig;
II C Afr1953 6:9  as onbekendes en tog goed bekend, as sterwendes en kyk, ons lewe, as getugtig en tog nie gedood nie;
II C Afr1953 6:10  as bedroefdes, maar altyd opgeruimd; as armes, maar wat baie ander ryk maak; as mense wat niks het nie en tog alles besit.
II C Afr1953 6:11  Ons mond het teenoor julle oopgegaan, Korinthiërs, ons hart het verruim geword.
II C Afr1953 6:12  Nie in ons het julle dit te nou nie, maar in jul binneste het julle dit te nou.
II C Afr1953 6:13  Maar by wyse van vergoeding — ek praat soos met kinders — moet julle ook verruim word.
II C Afr1953 6:14  Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?
II C Afr1953 6:15  En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?
II C Afr1953 6:16  Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.
II C Afr1953 6:17  Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;
II C Afr1953 6:18  en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige.