Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
II CORINTHIANS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 11
II C Afr1953 11:1  Ag, as julle my net 'n bietjie in my dwaasheid wou verdra! Verdra my tog maar!
II C Afr1953 11:2  Want ek is jaloers oor julle met 'n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n reine maagd aan Christus voor te stel.
II C Afr1953 11:3  Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus.
II C Afr1953 11:4  Want as iemand kom en 'n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 'n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 'n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval.
II C Afr1953 11:5  Want ek reken dat ek niks agterstaan by dié uitnemende apostels nie.
II C Afr1953 11:6  En al is ek ook onbedrewe in woord, dan tog nie in kennis nie; maar ons het ten volle in alle opsigte openbaar geword by julle.
II C Afr1953 11:7  Of het ek sonde gedoen deur my te verneder sodat julle verhoog kan word, omdat ek die evangelie van God kosteloos aan julle verkondig het?
II C Afr1953 11:8  Ander gemeentes het ek beroof deur vergoeding te neem om julle te bedien; en toe ek by julle teenwoordig was en gebrek gehad het, het ek niemand lastig geval nie.
II C Afr1953 11:9  Want in my gebrek het die broeders voorsien wat van Macedónië gekom het. En ek het my in alles in ag geneem om julle nie te beswaar nie, en ek sal my in ag neem.
II C Afr1953 11:10  So seker as die waarheid van Christus in my is, sal hierdie roem in die streke van Acháje my nie ontneem word nie.
II C Afr1953 11:11  Waarom? Omdat ek julle nie liefhet nie? God weet dit.
II C Afr1953 11:12  Maar wat ek doen, sal ek nog doen om die aanleiding af te sny vir die wat 'n aanleiding wil hê, sodat hulle in die saak waar hulle op roem, net soos ons bevind mag word.
II C Afr1953 11:13  Want sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus.
II C Afr1953 11:14  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in 'n engel van die lig.
II C Afr1953 11:15  Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie. Maar hulle einde sal wees volgens hulle werke.
II C Afr1953 11:16  Weer sê ek dat niemand moet dink dat ek dwaas is nie; of anders, neem my maar aan as 'n dwaas, sodat ek ook 'n bietjie kan roem.
II C Afr1953 11:17  Wat ek spreek, sê ek nie vanweë die Here nie, maar as in dwaasheid, in hierdie vertroue dat ek mag roem.
II C Afr1953 11:19  Want julle verdra graag die dwase, omdat julle so verstandig is!
II C Afr1953 11:20  Julle verdra dit mos as iemand knegte van julle maak, as iemand julle opeet, as iemand julle beetneem, as iemand hom aanstel, as iemand julle in die gesig slaan.
II C Afr1953 11:21  Tot my skande moet ek erken dat ons daarvoor te swak was; maar as iemand dit aandurf — ek spreek in dwaasheid — ek durf ook.
II C Afr1953 11:22  Is hulle Hebreërs? Ek ook. Is hulle Israeliete? Ek ook. Is hulle die nakomelinge van Abraham? Ek ook.
II C Afr1953 11:23  Is hulle dienaars van Christus? — ek praat in uitsinnigheid — ek nog meer: in arbeid oorvloediger, in slae bo die maat, in gevangenskappe baie meer, in doodsgevare dikwels.
II C Afr1953 11:24  Vyf maal het ek van die Jode ontvang veertig houe op een na.
II C Afr1953 11:25  Drie maal is ek met stokke geslaan, een maal is ek gestenig, drie maal het ek skipbreuk gely, 'n nag en 'n dag het ek op die diepwater deurgebring —
II C Afr1953 11:26  dikwels op reis, in gevare van riviere, in gevare van rowers, in gevare van my volk, in gevare van die heidene, in gevare in die stad, in gevare in die woestyn, in gevare op see, in gevare onder valse broeders;
II C Afr1953 11:27  in arbeid en moeite, in slapelose nagte dikwels, in honger en dors, dikwels sonder ete, in koue en naaktheid.
II C Afr1953 11:28  Behalwe dit alles my daaglikse bekommernis, die sorg vir al die gemeentes.
II C Afr1953 11:29  Wie is swak en ek is nie swak nie? Aan wie word 'n struikelblok in die weg gelê en ek is nie aan die brand nie?
II C Afr1953 11:30  As daar geroem moet word, sal ek in my swakhede roem.
II C Afr1953 11:31  Die God en Vader van onse Here Jesus Christus, geseënd tot in ewigheid, weet dat ek nie lieg nie.
II C Afr1953 11:32  In Damaskus het die goewerneur van koning Arétas die stad van die Damaskéners laat bewaak om my te vang;
II C Afr1953 11:33  en ek is in 'n mandjie deur 'n venster in die muur neergelaat en het aan sy hande ontkom.