Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
PHILIPPIANS
1 2 3 4
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 4
Phil Afr1953 4:1  Daarom, my geliefde broeders, na wie ek ook verlang, my blydskap en kroon, staan so vas in die Here, geliefdes.
Phil Afr1953 4:2  Ek vermaan Euódia en ek vermaan Síntiché om eensgesind te wees in die Here.
Phil Afr1953 4:3  En ek vra jou ook, opregte metgesel, wees hierdie vroue behulpsaam wat met my saam gestry het in die evangelie, ook saam met Clemens en my ander mede-arbeiders wie se name in die boek van die lewe is.
Phil Afr1953 4:4  Verbly julle altyd in die Here; ek herhaal: Verbly julle!
Phil Afr1953 4:5  Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.
Phil Afr1953 4:6  Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God.
Phil Afr1953 4:7  En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.
Phil Afr1953 4:8  Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is — watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.
Phil Afr1953 4:9  En wat julle geleer en ontvang en gehoor en in my gesien het, doen dit, en die God van vrede sal met julle wees.
Phil Afr1953 4:10  Ek het my grootliks verbly in die Here dat julle nou eindelik weer opgeleef het om aan my belange te dink; waaraan julle ook gedink het, maar julle het die geleentheid nie gehad nie.
Phil Afr1953 4:11  Nie dat ek dit uit gebrek sê nie, want ek het geleer om vergenoeg te wees met die omstandighede waarin ek is.
Phil Afr1953 4:12  Ek weet om verneder te word, ek weet ook om oorvloed te hê; in elke opsig en in alle dinge is ek onderrig: om versadig te word sowel as om honger te ly, om oorvloed te hê sowel as om gebrek te ly.
Phil Afr1953 4:13  Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.
Phil Afr1953 4:14  Nogtans het julle goed gedoen toe julle deel gehad het in my verdrukking.
Phil Afr1953 4:15  En julle, Filippense, weet ook dat in die begin van die evangelie, toe ek van Macedónië vertrek het, geen gemeente deel gehad het in my rekening van uitgawe en inkomste nie, behalwe julle alleen.
Phil Afr1953 4:16  Want ook in Thessaloníka het julle vir my behoefte meer as een maal iets gestuur.
Phil Afr1953 4:17  Nie dat ek die gawe soek nie, maar ek soek die vrug wat oorvloedig word op julle rekening.
Phil Afr1953 4:18  Maar ek het alles ontvang, en ek het oorvloed. Ek het dit volop noudat ek van Epafrodítus ontvang het wat deur julle gestuur is, 'n lieflike geur, 'n welgevallige offer, welbehaaglik by God.
Phil Afr1953 4:19  En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.
Phil Afr1953 4:20  Aan onse God en Vader die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.
Phil Afr1953 4:21  Groet elke heilige in Christus Jesus. Die broeders wat saam met my is, groet julle.
Phil Afr1953 4:22  Al die heiliges, en veral die wat aan die keiserlike huis behoort, groet julle.
Phil Afr1953 4:23  Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle almal! Amen.