Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
HEBREWS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Hebr Afr1953 3:1  Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,
Hebr Afr1953 3:2  wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het, net soos Moses ook in sy hele huis.
Hebr Afr1953 3:3  Want Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis;
Hebr Afr1953 3:4  want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.
Hebr Afr1953 3:5  En Moses was wel getrou in sy hele huis as 'n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word,
Hebr Afr1953 3:6  maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.
Hebr Afr1953 3:7  Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,
Hebr Afr1953 3:8  verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,
Hebr Afr1953 3:9  waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.
Hebr Afr1953 3:10  Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie,
Hebr Afr1953 3:11  sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
Hebr Afr1953 3:12  Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.
Hebr Afr1953 3:13  Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.
Hebr Afr1953 3:14  Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;
Hebr Afr1953 3:15  omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.
Hebr Afr1953 3:16  Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?
Hebr Afr1953 3:17  En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?
Hebr Afr1953 3:18  En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?
Hebr Afr1953 3:19  En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.