EXODUS
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
Chapter 27
| Exod | Afr1953 | 27:1 | Jy moet ook die altaar van akasiahout maak; vyf el moet die lengte wees en vyf el die breedte — vierkantig moet die altaar wees — en drie el sy hoogte. | |
| Exod | Afr1953 | 27:2 | En jy moet sy horings op die vier hoeke maak; sy horings moet, daarmee saam, uit een stuk wees; en jy moet dit met koper oortrek. | |
| Exod | Afr1953 | 27:3 | En maak sy potte om die as te verwyder, ook sy skoppe en komme en vurke en vuurpanne. Al dié gereedskap moet jy van koper maak. | |
| Exod | Afr1953 | 27:4 | Jy moet daar 'n traliewerk aan maak, 'n netwerk van koper, en aan die net vier koperringe maak, aan die vier hoeke. | |
| Exod | Afr1953 | 27:5 | En jy moet dit onder die lys van die altaar bevestig, onderaan, sodat die net tot by die helfte van die altaar kom. | |
| Exod | Afr1953 | 27:6 | Jy moet ook draaghoute vir die altaar maak, draaghoute van akasiahout; en trek dit oor met koper. | |
| Exod | Afr1953 | 27:7 | En die draaghoute moet in die ringe gesteek word, sodat die draaghoute aan altwee kante van die altaar is as hulle dit dra. | |
| Exod | Afr1953 | 27:8 | Jy moet dit hol, van planke, maak. Soos dit jou op die berg getoon is, so moet hulle dit maak. | |
| Exod | Afr1953 | 27:9 | Jy moet ook die voorhof van die tabernakel maak. Aan die suidekant, na die suide toe, moet daar vir die voorhof behangsels wees van fyn dubbeldraad-linne; honderd el moet die lengte vir die een kant wees; | |
| Exod | Afr1953 | 27:10 | daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees. | |
| Exod | Afr1953 | 27:11 | So moet daar ook aan die noordekant, in die lengte, behangsels wees, honderd el lank; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke. Die kramme en die ringe van die pilare moet van silwer wees. | |
| Exod | Afr1953 | 27:12 | En in die breedte van die voorhof, aan die westekant, moet daar behangsels van vyftig el wees; daarby tien pilare en hulle tien voetstukke. | |
| Exod | Afr1953 | 27:14 | sodat daar vyftien el behangsels vir die een kant is, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; | |
| Exod | Afr1953 | 27:15 | en vir die ander kant vyftien el behangsels, daarby drie pilare en hulle drie voetstukke; | |
| Exod | Afr1953 | 27:16 | en vir die poort van die voorhof 'n bedekking van twintig el, van pers, purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne, veelkleurige werk; daarby vier pilare en hulle vier voetstukke. | |
| Exod | Afr1953 | 27:17 | Al die pilare van die voorhof moet rondom van silwerringe voorsien wees; hulle kramme moet van silwer wees en hulle voetstukke van koper. | |
| Exod | Afr1953 | 27:18 | Die lengte van die voorhof moet honderd el wees en die breedte vyftig by vyftig en die hoogte vyf el, van fyn dubbeldraad-linne, daarby voetstukke van koper. | |
| Exod | Afr1953 | 27:19 | Aangaande al die gereedskap van die tabernakel, by sy hele bewerking, en al sy penne en al die penne van die voorhof, hulle moet van koper wees. | |
| Exod | Afr1953 | 27:20 | En jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur 'n brandende lamp te hê. | |