EZEKIEL
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
30
31
32
33
34
35
36
37
38
39
40
41
42
43
44
45
46
47
48
Chapter 26
Ezek | Afr1953 | 26:1 | En in die elfde jaar, op die eerste van die maand, het die woord van die HERE tot my gekom en gesê: | |
Ezek | Afr1953 | 26:2 | Mensekind, omdat Tirus oor Jerusalem geroep het: Ha, ha! die poort van die volke is gebreek, dit is na my toe gedraai; ék sal vol word, dit is verwoes — | |
Ezek | Afr1953 | 26:3 | daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, o Tirus! en Ek laat baie nasies teen jou optrek soos die see sy golwe laat optrek. | |
Ezek | Afr1953 | 26:4 | Húlle sal die mure van Tirus verwoes en sy torings afbreek; ja, Ek sal sy puin van hom af wegvee en hom 'n kaal rots maak. | |
Ezek | Afr1953 | 26:5 | Hy sal binne-in die see 'n droogmaakplek van nette wees; want Ek het dit gesê, spreek die Here HERE; en hy sal 'n buit vir die nasies wees. | |
Ezek | Afr1953 | 26:6 | En sy dogters wat op die land is, sal met die swaard gedood word; en hulle sal weet dat Ek die HERE is. | |
Ezek | Afr1953 | 26:7 | Want so sê die Here HERE: Kyk, Ek laat Nebukadrésar, die koning van Babel, die koning van die konings, van die noorde af teen Tirus kom, met perde en strydwaens en ruiters en 'n menigte en baie mense. | |
Ezek | Afr1953 | 26:8 | Hy sal jou dogters op die land met die swaard doodmaak en forte teen jou opstel en 'n wal teen jou opwerp en die skilddak teen jou oprig. | |
Ezek | Afr1953 | 26:9 | En hy sal die stoot van sy stormram teen jou mure rig en jou torings met sy breekysters afbreek. | |
Ezek | Afr1953 | 26:10 | Vanweë die menigte van sy perde sal hulle stofwolk jou oordek; jou mure sal bewe vanweë die gedruis van ruiters en wiele en strydwaens as hy deur jou poorte intrek, soos 'n mens indring in 'n stad wat oopgebreek is. | |
Ezek | Afr1953 | 26:11 | Hy sal met die hoewe van sy perde al jou strate vertrap; jou mense sal hy met die swaard doodmaak, en jou trotse klippilare sal op die grond val. | |
Ezek | Afr1953 | 26:12 | En hulle sal jou rykdom buitmaak en jou koopware roof en jou mure afbreek en jou kosbare huise omgooi; en hulle sal jou klippe en jou houte en jou puin in die water slinger. | |
Ezek | Afr1953 | 26:13 | En Ek sal die geruis van jou liedere laat ophou, en die klank van jou siters sal nie meer gehoor word nie. | |
Ezek | Afr1953 | 26:14 | Ja, Ek sal jou 'n kaal rots maak, 'n droogmaakplek van nette sal jy wees en nooit herbou word nie; want Ek, die HERE, het dit gesê, spreek die Here HERE. | |
Ezek | Afr1953 | 26:15 | So sê die Here HERE aan Tirus: Sal die kuslande nie bewe van die geluid van jou val, as die gewondes kerm, as hulle 'n moord in jou aanrig nie? | |
Ezek | Afr1953 | 26:16 | Dan sal al die vorste van die see van hulle trone afklim en hulle mantels afhaal en hulle veelkleurige klere uittrek; met siddering sal hulle beklee word, op die grond sal hulle sit en elke oomblik sidder en oor jou verbaas wees. | |
Ezek | Afr1953 | 26:17 | En hulle sal 'n klaaglied oor jou aanhef en vir jou sê: Hoe het jy vergaan wat bewoon was uit die seë, hoog geroemde stad; wat sterk was deur die see, hy en sy inwoners, wat die skrik vir hulle ingeboesem het by al die kusbewoners. | |
Ezek | Afr1953 | 26:18 | Nou sal die kuslande sidder op die dag van jou val; en die kuslande wat aan die see is, sal verskrik word oor jou uiteinde. | |
Ezek | Afr1953 | 26:19 | Want so sê die Here HERE: As Ek jou 'n verwoeste stad maak, soos die stede wat nie bewoon is nie; as Ek die watervloed oor jou laat opkom en die groot waters jou oordek; | |
Ezek | Afr1953 | 26:20 | dan sal Ek jou laat neerdaal saam met die wat in die kuil neerdaal, na die mense van die voortyd; en Ek sal jou laat woon in die onderste plekke van die aarde, in ewige woestenye, saam met die wat in die kuil neergedaal het, sodat jy nie bewoon word nie; en Ek sal heerlikheid gee in die land van die lewendes. | |