Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
ROMANS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 6
Roma Afr1953 6:1  Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word?
Roma Afr1953 6:2  Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe?
Roma Afr1953 6:3  Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie?
Roma Afr1953 6:4  Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel.
Roma Afr1953 6:5  Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding;
Roma Afr1953 6:6  aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie.
Roma Afr1953 6:7  Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.
Roma Afr1953 6:8  As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,
Roma Afr1953 6:9  omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie.
Roma Afr1953 6:10  Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God.
Roma Afr1953 6:11  So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
Roma Afr1953 6:12  Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie.
Roma Afr1953 6:13  En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Roma Afr1953 6:14  Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.
Roma Afr1953 6:15  Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie!
Roma Afr1953 6:16  Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid?
Roma Afr1953 6:17  Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is,
Roma Afr1953 6:18  en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid.
Roma Afr1953 6:19  Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
Roma Afr1953 6:20  Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid.
Roma Afr1953 6:21  Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood.
Roma Afr1953 6:22  Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe.
Roma Afr1953 6:23  Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.