Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
ROMANS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Roma Afr1953 3:1  Wat is dan die voordeel van die Jood? Of wat is die nut van die besnydenis?
Roma Afr1953 3:2  Groot, in alle opsigte: ten eerste tog seker dat aan hulle die woorde van God toevertrou is.
Roma Afr1953 3:3  Want wat maak dit as sommige ontrou geword het? Sal hulle ontrou miskien die getrouheid van God vernietig?
Roma Afr1953 3:4  Nee, stellig nie! Maar God moet waaragtig wees en elke mens leuenagtig, soos geskrywe is: Sodat U geregverdig kan word in u woorde en oorwin as U gerig hou.
Roma Afr1953 3:5  Maar as ons ongeregtigheid die geregtigheid van God bewys, wat sal ons sê? Is God wat die toorn oor ons bring, dan nie onregverdig nie? Ek spreek menslikerwys.
Roma Afr1953 3:6  Nee, stellig nie! Want hoe sal God anders die wêreld oordeel?
Roma Afr1953 3:7  Maar as die waarheid van God deur my leuen oorvloediger geword het tot sy heerlikheid, waarom word ek dan nog as sondaar geoordeel?
Roma Afr1953 3:8  En moet ons nie liewer sê nie, soos ons belaster word en soos sommige beweer dat ons sê: Laat ons kwaad doen, sodat die goeie daaruit kan voortkom? Hulle veroordeling is regverdig.
Roma Afr1953 3:9  Wat dan? Het ons enige voorrang? Hoegenaamd nie! Want ons het tevore al Jode sowel as Grieke beskuldig dat hulle almal onder die sonde is,
Roma Afr1953 3:10  soos geskrywe is: Daar is niemand regverdig nie, selfs nie een nie.
Roma Afr1953 3:11  Daar is niemand wat verstandig is nie, daar is niemand wat God soek nie.
Roma Afr1953 3:12  Hulle het almal afgewyk, saam het hulle ontaard. Daar is niemand wat goed doen nie, daar is selfs nie een nie.
Roma Afr1953 3:13  Hulle keel is 'n oop graf, met hul tonge pleeg hulle bedrog, die gif van adders is onder hulle lippe.
Roma Afr1953 3:19  Nou weet ons dat alles wat die wet sê, hy dit sê vir die wat onder die wet is, sodat elke mond gestop en die hele wêreld voor God doemwaardig kan wees;
Roma Afr1953 3:20  aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie, want deur die wet is die kennis van sonde.
Roma Afr1953 3:21  Maar nou is die geregtigheid van God geopenbaar sonder die wet, terwyl die wet en die profete daarvan getuig,
Roma Afr1953 3:22  die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo, want daar is geen onderskeid nie;
Roma Afr1953 3:23  want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God,
Roma Afr1953 3:24  en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.
Roma Afr1953 3:25  Hom het God voorgestel in sy bloed as 'n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly het wat tevore gedoen is onder die verdraagsaamheid van God
Roma Afr1953 3:26  om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is.
Roma Afr1953 3:27  Waar is dan die roem? Dit is uitgesluit. Deur watter wet? Van die werke? Nee, maar deur die wet van die geloof.
Roma Afr1953 3:28  Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet.
Roma Afr1953 3:29  Of behoort God net aan die Jode, en nie ook aan die heidene nie? Ja, ook aan die heidene,
Roma Afr1953 3:30  aangesien dit inderdaad een God is wat die besnedenes sal regverdig uit die geloof en die onbesnedenes deur die geloof.
Roma Afr1953 3:31  Maak ons dan die wet tot niet deur die geloof? Nee, stellig nie! Inteendeel, ons bevestig die wet.