ROMANS
Chapter 2
Roma | Afr1953 | 2:1 | Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy 'n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge. | |
Roma | Afr1953 | 2:3 | En meen jy, o mens wat hulle oordeel wat sulke dinge doen, en dit self doen, dat jy die oordeel van God sal ontvlug? | |
Roma | Afr1953 | 2:4 | Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat die goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie? | |
Roma | Afr1953 | 2:5 | Maar ooreenkomstig jou verhardheid en onbekeerlike hart vergader jy vir jou toorn as 'n skat in die dag van die toorn en die openbaring van die regverdige oordeel van God | |
Roma | Afr1953 | 2:7 | aan die wat deur volharding in goeie werke heerlikheid, eer en onverganklikheid soek die ewige lewe; | |
Roma | Afr1953 | 2:8 | maar aan die wat eiesinnig en aan die waarheid ongehoorsaam, maar aan die ongeregtigheid gehoorsaam is grimmigheid en toorn; | |
Roma | Afr1953 | 2:9 | verdrukking en benoudheid oor die siel van elke mens wat kwaad doen, oor die Jood eerste en ook oor die Griek; | |
Roma | Afr1953 | 2:10 | maar heerlikheid en eer en vrede vir elkeen wat goed doen, vir die Jood eerste en ook vir die Griek. | |
Roma | Afr1953 | 2:12 | Want almal wat sonder wet gesondig het, sal ook sonder wet verlore gaan; en almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word; | |
Roma | Afr1953 | 2:13 | omdat nie die hoorders van die wet by God regverdig is nie, maar die daders van die wet geregverdig sal word. | |
Roma | Afr1953 | 2:14 | Want wanneer die heidene, wat geen wet het nie, van nature die dinge van die wet doen, is hulle vir hulleself 'n wet, al het hulle geen wet nie; | |
Roma | Afr1953 | 2:15 | omdat hulle toon dat die werk van die wet in hulle harte geskrywe staan, terwyl hulle gewete saam getuienis gee en die gedagtes mekaar onderling beskuldig of ook verontskuldig, | |
Roma | Afr1953 | 2:16 | in die dag wanneer God die verborge dinge van die mense deur Jesus Christus sal oordeel, volgens my evangelie. | |
Roma | Afr1953 | 2:18 | en jy ken sy wil en onderskei die dinge waar dit op aankom, omdat jy uit die wet onderrig word, | |
Roma | Afr1953 | 2:19 | en jy is oortuig dat jy 'n leidsman is van blindes, 'n lig vir die wat in duisternis is, | |
Roma | Afr1953 | 2:20 | 'n opvoeder van onverstandiges, 'n leermeester van onervarenes, omdat jy die beliggaming van die kennis en die waarheid in die wet het | |
Roma | Afr1953 | 2:21 | jy dan, wat 'n ander leer, leer jy jouself nie? Jy wat preek dat 'n mens nie mag steel nie, steel jy? | |
Roma | Afr1953 | 2:22 | Jy wat sê dat 'n mens nie owerspel mag pleeg nie, pleeg jy owerspel? Jy wat 'n afsku van die afgode het, pleeg jy tempelroof? | |
Roma | Afr1953 | 2:24 | Want, soos geskrywe is, die Naam van God word om julle ontwil onder die heidene gelaster. | |
Roma | Afr1953 | 2:25 | Want die besnydenis is wel nuttig as jy die wet onderhou; maar as jy 'n oortreder van die wet is, het jou besnydenis onbesnedenheid geword. | |
Roma | Afr1953 | 2:26 | As die onbesnedene dan die verordeninge van die wet onderhou, sal sy onbesnedenheid dan nie as besnydenis gereken word nie? | |
Roma | Afr1953 | 2:27 | En sal hy wat van nature onbesnede is en die wet volbring, jou nie oordeel wat ondanks letter en besnydenis 'n oortreder van die wet is nie? | |
Roma | Afr1953 | 2:28 | Want nie hy is 'n Jood wat dit in die openbaar is nie, en nie dít is besnydenis wat dit in die openbaar in die vlees is nie; | |