I CORINTHIANS
Chapter 3
I Co | Afr1953 | 3:1 | En ek, broeders, kon met julle nie spreek soos met geestelike mense nie, maar soos met vleeslike, soos met klein kinders in Christus. | |
I Co | Afr1953 | 3:2 | Ek het julle met melk gevoed, nie met vaste spys nie, want julle was nog nie daartoe in staat nie, en julle is nou nog nie daartoe in staat nie, | |
I Co | Afr1953 | 3:3 | omdat julle nog vleeslik is; want aangesien daar onder julle jaloersheid en twis en tweedrag is, is julle nie vleeslik nie en wandel julle nie na die mens nie? | |
I Co | Afr1953 | 3:4 | Want as die een sê: Ek is van Paulus; en die ander: Ek van Apollos — is julle nie vleeslik nie? | |
I Co | Afr1953 | 3:5 | Wie is Paulus dan, en wie Apollos anders as dienaars deur wie julle gelowig geword het? En dit soos die Here aan elkeen gegee het. | |
I Co | Afr1953 | 3:8 | Maar hy wat plant en hy wat natmaak, is een, maar elkeen sal sy eie loon volgens sy eie arbeid ontvang. | |
I Co | Afr1953 | 3:10 | Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos 'n bekwame boumeester die fondament gelê, en 'n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou. | |
I Co | Afr1953 | 3:11 | Want niemand kan 'n ander fondament lê as wat daar gelê is nie, dit is Jesus Christus. | |
I Co | Afr1953 | 3:12 | En as iemand op dié fondament bou goud, silwer, kosbare stene, hout, hooi, stoppels — | |
I Co | Afr1953 | 3:13 | elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is. | |
I Co | Afr1953 | 3:15 | as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen. | |
I Co | Afr1953 | 3:16 | Weet julle nie dat julle 'n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? | |
I Co | Afr1953 | 3:17 | As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle. | |
I Co | Afr1953 | 3:18 | Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word; | |
I Co | Afr1953 | 3:19 | want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang; | |
I Co | Afr1953 | 3:22 | of dit Paulus is of Apollos of Céfas of die wêreld of lewe of dood of teenswoordige of toekomstige dinge — alles behoort aan julle; | |