Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
I CORINTHIANS
1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 16
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 12
I Co Afr1953 12:1  En wat die geestelike gawes betref, broeders, wil ek nie hê dat julle onkundig moet wees nie.
I Co Afr1953 12:2  Julle weet dat julle heidene was, weggevoer na die stomme afgode net soos julle ook al gelei is.
I Co Afr1953 12:3  Daarom maak ek julle bekend dat niemand wat deur die Gees van God spreek, Jesus 'n vervloeking noem nie; en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees.
I Co Afr1953 12:4  Daar is wel verskeidenheid van genadegawes, maar dit is dieselfde Gees;
I Co Afr1953 12:5  en daar is verskeidenheid van bedieninge, en tog is dit dieselfde Here;
I Co Afr1953 12:6  en daar is verskeidenheid van werkinge, en tog is dit dieselfde God wat alles in almal werk.
I Co Afr1953 12:7  Maar aan elkeen word die openbaring van die Gees gegee met die oog op wat nuttig is.
I Co Afr1953 12:8  Want aan die een word deur die Gees 'n woord van wysheid gegee, en aan die ander 'n woord van kennis vanweë dieselfde Gees;
I Co Afr1953 12:9  aan 'n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan 'n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees;
I Co Afr1953 12:10  aan 'n ander werkinge van kragte, aan 'n ander profesie, aan 'n ander onderskeiding van die geeste, aan 'n ander allerhande tale, aan 'n ander uitleg van tale.
I Co Afr1953 12:11  Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.
I Co Afr1953 12:12  Want net soos die liggaam een is en baie lede het, en al die lede van die een liggaam, al is hulle baie, een liggaam is, so ook Christus.
I Co Afr1953 12:13  Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is almal van een Gees deurdronge.
I Co Afr1953 12:14  Want ook die liggaam is nie een lid nie, maar baie.
I Co Afr1953 12:15  As die voet sou sê: Omdat ek nie die hand is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
I Co Afr1953 12:16  En as die oor sou sê: Omdat ek nie die oog is nie, behoort ek nie aan die liggaam nie — behoort hy daarom nie aan die liggaam nie?
I Co Afr1953 12:17  As die hele liggaam oog was, waar sou die gehoor wees? As dit geheel en al gehoor was, waar sou die reuk wees?
I Co Afr1953 12:18  Maar nou het God elkeen van die lede in die liggaam gestel soos Hy gewil het.
I Co Afr1953 12:20  Maar nou is daar wel baie lede, maar net een liggaam.
I Co Afr1953 12:21  En die oog kan nie vir die hand sê: Ek het jou nie nodig nie; of ook die hoof vir die voete: Ek het julle nie nodig nie.
I Co Afr1953 12:22  Maar veel eerder is dié lede van die liggaam noodsaaklik wat die swakste lyk;
I Co Afr1953 12:23  en dié lede van die liggaam wat vir ons minder eerbaar lyk, beklee ons met oorvloediger eer, en so het ons onsierlike lede oorvloediger sierlikheid,
I Co Afr1953 12:24  terwyl ons sierlike lede dit nie nodig het nie; maar God het die liggaam saamgestel en aan die misdeelde lid oorvloediger eer gegee,
I Co Afr1953 12:25  sodat daar geen verdeeldheid in die liggaam mag wees nie, maar dat die lede gelyke sorg vir mekaar mag dra.
I Co Afr1953 12:26  En as een lid ly, ly al die lede saam; en as een lid geëer word, is al die lede saam bly.
I Co Afr1953 12:27  Maar julle is die liggaam van Christus en lede afsonderlik.
I Co Afr1953 12:28  En God het sommige in die gemeente gestel: in die eerste plek apostels, ten tweede profete, ten derde leraars, daarna kragte, daarna genadegawes van gesondmaking, helpers, regeringe, allerhande tale.
I Co Afr1953 12:29  Almal is tog nie apostels nie, almal is tog nie profete nie, almal is tog nie leraars nie, almal is tog nie kragte nie?
I Co Afr1953 12:30  Het almal genadegawes van gesondmaking, spreek almal in tale, kan almal dit uitlê?
I Co Afr1953 12:31  Maar beywer julle met die oog op die beste gawes; en ek wys julle 'n nog uitnemender weg.