Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JOEL
1 2 3
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Joel Afr1953 3:1  Want kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander,
Joel Afr1953 3:2  sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle 'n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het.
Joel Afr1953 3:3  En oor my volk het hulle die lot gewerp en 'n jong seun weggegee vir 'n hoer en 'n meisie verkoop vir wyn en dit gedrink.
Joel Afr1953 3:4  En ook, wat het julle met My te doen, o Tirus en Sidon en al die landstreke van Filistéa? Wil julle My iets vergelde, of wil julle My iets aandoen? Gou, ylings sal Ek julle dade op julle hoof laat neerkom.
Joel Afr1953 3:5  Want julle het my silwer en my goud geneem en my kosbare skatte na julle tempels gebring.
Joel Afr1953 3:6  Verder het julle die kinders van Juda en die kinders van Jerusalem aan die kinders van Jawan verkoop, om hulle ver van hul grondgebied te verwyder.
Joel Afr1953 3:7  Kyk, Ek sal hulle laat opstaan uit die plek waarheen julle hulle verkoop het, en julle dade op julle hoof laat neerkom.
Joel Afr1953 3:8  En Ek sal julle seuns en julle dogters aan die kinders van Juda verkoop, en dié sal hulle verkoop aan die Sabeërs, aan 'n verafgeleë volk want die HERE het dit gespreek.
Joel Afr1953 3:9  Roep dit uit onder die nasies, heilig 'n oorlog! Wek die helde op, laat al die krygsmanne nader kom, opruk!
Joel Afr1953 3:10  Smee van julle pikke swaarde en van julle snoeimesse spiese; laat die swakke sê: Ek is 'n held.
Joel Afr1953 3:11  Haas julle en kom aan, alle nasies rondom, en versamel julle. Laat u helde, HERE, daarheen aftrek!
Joel Afr1953 3:12  Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
Joel Afr1953 3:13  Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot.
Joel Afr1953 3:14  Menigtes, menigtes in die dal van beslissing, want naby is die dag van die HERE in die dal van beslissing!
Joel Afr1953 3:15  Die son en die maan word duister, en die sterre trek hulle glans in.
Joel Afr1953 3:16  En die HERE brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die HERE sal 'n toevlug wees vir sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel.
Joel Afr1953 3:17  Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem 'n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie.
Joel Afr1953 3:18  En op dié dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die HERE sal daar 'n fontein uitkom om die dal Sittim te besproei.
Joel Afr1953 3:19  Egipte sal 'n woesteny word, en Edom 'n woeste wildernis wees, weens die geweld wat hulle die kinders van Juda aangedoen het, dat hulle onskuldige bloed in hul land vergiet het.
Joel Afr1953 3:20  Maar Juda sal vir ewig bly, en Jerusalem van geslag tot geslag.
Joel Afr1953 3:21  En Ek sal hulle bloed onskuldig verklaar, wat Ek tevore nie onskuldig verklaar het nie; en die HERE sal op Sion bly woon.