EPHESIANS
Chapter 3
Ephe | Afr1953 | 3:1 | Om hierdie rede is ek, Paulus, die gevangene van Christus Jesus vir julle wat heidene is — | |
Ephe | Afr1953 | 3:2 | as julle ten minste gehoor het van die bediening van die genade van God wat aan my verleen is vir julle, | |
Ephe | Afr1953 | 3:3 | dat Hy aan my deur 'n openbaring bekend gemaak het die verborgenheid, soos ek tevore kortliks geskryf het; | |
Ephe | Afr1953 | 3:4 | waardeur julle, as julle dit lees, my insig in die verborgenheid van Christus kan verstaan, | |
Ephe | Afr1953 | 3:5 | wat in ander tye aan die mensekinders nie bekend gemaak is nie soos dit nou aan sy heilige apostels en profete geopenbaar is deur die Gees, naamlik | |
Ephe | Afr1953 | 3:6 | dat die heidene mede-erfgename is en medelede van die liggaam en mededeelgenote aan sy belofte in Christus deur die evangelie | |
Ephe | Afr1953 | 3:7 | waarvan ek 'n dienaar geword het, volgens die gawe van die genade van God wat aan my gegee is ooreenkomstig die werking van sy krag. | |
Ephe | Afr1953 | 3:8 | Aan my, die geringste van al die heiliges, is hierdie genade gegee om onder die heidene die evangelie van die onnaspeurlike rykdom van Christus te verkondig, | |
Ephe | Afr1953 | 3:9 | en vir almal aan die lig te bring wat die gemeenskap is van die verborgenheid wat van alle eeue af verborge was in God wat alles geskape het deur Jesus Christus, | |
Ephe | Afr1953 | 3:10 | sodat nou deur die gemeente aan die owerhede en magte in die hemele die menigvuldige wysheid van God bekend gemaak kan word, | |
Ephe | Afr1953 | 3:12 | in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom. | |
Ephe | Afr1953 | 3:13 | Daarom bid ek dat julle nie moedeloos word by my verdrukkinge ter wille van julle nie. Dit is julle eer. | |
Ephe | Afr1953 | 3:16 | dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens, | |
Ephe | Afr1953 | 3:17 | sodat Christus deur die geloof in julle harte kan woon, julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, | |
Ephe | Afr1953 | 3:18 | en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, | |
Ephe | Afr1953 | 3:19 | en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God. | |
Ephe | Afr1953 | 3:20 | En aan Hom wat mag het om te doen ver bo alles wat ons bid of dink, volgens die krag wat in ons werk, | |