Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
EPHESIANS
1 2 3 4 5 6
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 5
Ephe Afr1953 5:1  Wees dan navolgers van God soos geliefde kinders;
Ephe Afr1953 5:2  en wandel in liefde, soos Christus ons ook liefgehad het en Hom vir ons oorgegee het as 'n gawe en offer aan God tot 'n lieflike geur.
Ephe Afr1953 5:3  Maar hoerery en allerhande onreinheid of hebsug moet onder julle selfs nie genoem word nie, soos dit die heiliges betaam;
Ephe Afr1953 5:4  ook nie gemeenheid en dwase of lawwe praatjies wat nie pas nie, maar liewer danksegging.
Ephe Afr1953 5:5  Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat 'n afgodedienaar is, 'n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.
Ephe Afr1953 5:6  Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.
Ephe Afr1953 5:8  Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here — wandel soos kinders van die lig.
Ephe Afr1953 5:9  Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.
Ephe Afr1953 5:11  en hou nie gemeenskap met die onvrugbare werke van die duisternis nie, maar bestraf dit liewer.
Ephe Afr1953 5:12  Want wat in die geheim deur hulle gedoen word, is skandelik selfs om te noem.
Ephe Afr1953 5:13  Maar al die dinge wat deur die lig bestraf word, word openbaar; want alles wat openbaar word, is lig.
Ephe Afr1953 5:14  Daarom sê Hy: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn.
Ephe Afr1953 5:15  Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse;
Ephe Afr1953 5:17  Daarom moet julle nie onverstandig wees nie, maar verstaan wat die wil van die Here is.
Ephe Afr1953 5:18  Moenie dronk word van wyn nie — daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul.
Ephe Afr1953 5:19  Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere; en sing en psalmsing in julle hart tot eer van die Here,
Ephe Afr1953 5:20  terwyl julle God die Vader altyd vir alles dank in die Naam van onse Here Jesus Christus,
Ephe Afr1953 5:21  en aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.
Ephe Afr1953 5:22  Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.
Ephe Afr1953 5:23  Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die liggaam.
Ephe Afr1953 5:24  Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.
Ephe Afr1953 5:25  Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het
Ephe Afr1953 5:26  om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,
Ephe Afr1953 5:27  sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees.
Ephe Afr1953 5:28  So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;
Ephe Afr1953 5:29  want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.
Ephe Afr1953 5:30  Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.
Ephe Afr1953 5:31  Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word.
Ephe Afr1953 5:32  Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.
Ephe Afr1953 5:33  In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man eerbiedig.