Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
EPHESIANS
1 2 3 4 5 6
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 4
Ephe Afr1953 4:1  Ek vermaan julle dan, ek, die gevangene in die Here, om te wandel waardig die roeping waarmee julle geroep is,
Ephe Afr1953 4:2  met alle nederigheid en sagmoedigheid, met lankmoedigheid, terwyl julle mekaar in liefde verdra
Ephe Afr1953 4:3  en ernstig strewe om die eenheid van die Gees te bewaar deur die band van die vrede.
Ephe Afr1953 4:4  Dit is een liggaam en een Gees, soos julle ook geroep is in een hoop van julle roeping;
Ephe Afr1953 4:6  een God en Vader van almal, wat oor almal en deur almal en in julle almal is.
Ephe Afr1953 4:7  Maar aan elkeen van ons is die genade gegee volgens die mate van die gawe van Christus.
Ephe Afr1953 4:8  Daarom sê Hy: Toe Hy opgevaar het in die hoogte, het Hy die gevangenes gevange geneem en gawes aan die mense gegee.
Ephe Afr1953 4:9  Maar dít: Hy het opgevaar — wat beteken dit anders as dat Hy ook eers neergedaal het in die onderste dele van die aarde?
Ephe Afr1953 4:10  Hy wat neergedaal het, is dieselfde as Hy wat opgevaar het bokant al die hemele, sodat Hy alles tot volheid kan bring.
Ephe Afr1953 4:11  En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars,
Ephe Afr1953 4:12  om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus,
Ephe Afr1953 4:13  totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot 'n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus;
Ephe Afr1953 4:14  sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring;
Ephe Afr1953 4:15  maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus,
Ephe Afr1953 4:16  uit wie die hele liggaam — goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate — die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.
Ephe Afr1953 4:17  Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie —
Ephe Afr1953 4:18  mense wat verduisterd is in die verstand en vervreemd van die lewe van God deur die onkunde wat in hulle is vanweë die verharding van hulle hart;
Ephe Afr1953 4:19  wat ongevoelig geword het en hulle oorgegee het aan die ongebondenheid om in hebsug allerhande onreinheid te bedrywe.
Ephe Afr1953 4:21  as julle ten minste van Hom gehoor het en in Hom onderrig is soos die waarheid is in Jesus:
Ephe Afr1953 4:22  dat julle, wat die vorige lewenswandel betref die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan,
Ephe Afr1953 4:23  en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed
Ephe Afr1953 4:24  en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid.
Ephe Afr1953 4:25  Daarom, lê die leuen af en spreek die waarheid, elkeen met sy naaste, want ons is mekaar se lede.
Ephe Afr1953 4:26  Word toornig en moenie sondig nie; laat die son nie ondergaan oor julle toorn nie;
Ephe Afr1953 4:28  Laat die een wat steel, nie meer steel nie; maar laat hom liewer arbei deur met sy hande te werk wat goed is, sodat hy iets kan hê om mee te deel aan die een wat gebrek het.
Ephe Afr1953 4:29  Laat daar geen vuil woord uit julle mond uitgaan nie, maar net 'n woord wat goed is vir die nodige stigting, sodat dit genade kan gee aan die wat dit hoor.
Ephe Afr1953 4:30  En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing.
Ephe Afr1953 4:31  Alle bitterheid en woede en toorn en geskreeu en lastering moet van julle verwyder word, saam met alle boosheid.
Ephe Afr1953 4:32  Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.