Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
COLOSSIANS
1 2 3 4
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 3
Colo Afr1953 3:1  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.
Colo Afr1953 3:2  Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
Colo Afr1953 3:3  Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
Colo Afr1953 3:4  Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
Colo Afr1953 3:5  Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,
Colo Afr1953 3:6  waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,
Colo Afr1953 3:7  waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.
Colo Afr1953 3:8  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
Colo Afr1953 3:9  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het
Colo Afr1953 3:10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
Colo Afr1953 3:11  waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
Colo Afr1953 3:12  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
Colo Afr1953 3:13  Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
Colo Afr1953 3:14  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
Colo Afr1953 3:15  En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
Colo Afr1953 3:16  Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
Colo Afr1953 3:17  En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
Colo Afr1953 3:18  Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here.
Colo Afr1953 3:19  Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.
Colo Afr1953 3:20  Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.
Colo Afr1953 3:21  Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.
Colo Afr1953 3:22  Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.
Colo Afr1953 3:23  En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
Colo Afr1953 3:24  omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.
Colo Afr1953 3:25  Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; en daar is geen aanneming van die persoon nie.