Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
ISAIAH
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 26
Isai Afr1953 26:1  In dié dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: 'n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse.
Isai Afr1953 26:2  Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar!
Isai Afr1953 26:3  U sal 'n standvastige gesindheid in volle vrede bewaar, want hulle vertrou op U.
Isai Afr1953 26:4  Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is 'n ewige rots.
Isai Afr1953 26:5  Want Hy het die bewoners van die hoogte neergewerp, die steil vesting; Hy het dit afgegooi, afgegooi tot by die grond, dit laat kom tot in die stof.
Isai Afr1953 26:6  Die voet vertrap dit, die voete van die ellendige, die voetstappe van die armes.
Isai Afr1953 26:7  Die pad van die regverdige is gelyk; U maak die spoor van die regverdige gelyk.
Isai Afr1953 26:8  Ook in die weg van u oordele het ons U verwag, o HERE! Tot u Naam en tot u gedenknaam gaan die begeerte van ons siel uit.
Isai Afr1953 26:9  Met my siel begeer ek u in die nag; ook met my gees in my binneste soek ek U; want as u oordele op die aarde is, leer die inwoners van die wêreld geregtigheid.
Isai Afr1953 26:10  Word aan die goddelose genade bewys, dan leer hy geen geregtigheid nie; wat onreg is, doen hy in 'n land van reg, en hy sien die hoogheid van die HERE nie.
Isai Afr1953 26:11  HERE, is u hand opgehef, hulle sien dit nie; maar hulle sal dit sien en beskaamd staan; die ywer vir die volk, ook die vuur teen u teëstanders sal hulle verteer.
Isai Afr1953 26:12  HERE, U sal vir ons vrede beskik, want U het ook al ons werk vir ons volbring.
Isai Afr1953 26:13  HERE, onse God, ander here buiten U het oor ons geheers, maar deur U alleen prys ons ú Naam.
Isai Afr1953 26:14  Dooie mense herlewe nie, skimme staan nie op nie; daarom het U hulle besoek en verdelg en alle gedagtenis aan hulle laat vergaan.
Isai Afr1953 26:15  U het, o HERE, die nasie vermeerder; U het die nasie vermeerder, Uself verheerlik; U het al die grense van die land uitgebrei.
Isai Afr1953 26:16  HERE, in benoudheid het hulle U gesoek; hulle het stille gebede uitgegiet toe u tugtiging hulle getref het.
Isai Afr1953 26:17  Soos 'n bevrugte vrou wat naby die tyd kom dat sy moet baar, inmekaar krimp, skreeu in haar weë, so was ons vanweë u aangesig, o HERE!
Isai Afr1953 26:18  Ons was swanger, het weë gehad — dit was asof ons wind gebaar het; ons het die land geen redding aangebring nie, en daar is geen wêreldbewoners gebore nie.
Isai Afr1953 26:19  U dode sal herlewe, my lyke sal opstaan. Waak op en jubel, julle wat in die stof woon! Want u dou is 'n dou van die lig, en die aarde sal aan skimme die lewenslig skenk.
Isai Afr1953 26:20  Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir 'n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan.
Isai Afr1953 26:21  Want kyk, die HERE sal uit sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie.