Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
JAMES
1 2 3 4 5
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 1
Jame Afr1953 1:1  Jakobus, 'n dienskneg van God en die Here Jesus Christus, aan die twaalf stamme wat in die verstrooiing is: Groete!
Jame Afr1953 1:2  Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val,
Jame Afr1953 1:3  omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk.
Jame Afr1953 1:4  Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.
Jame Afr1953 1:5  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.
Jame Afr1953 1:6  Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
Jame Afr1953 1:7  Want dié mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie —
Jame Afr1953 1:8  so 'n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.
Jame Afr1953 1:9  Maar laat die broeder wat gering is, roem in sy hoogheid,
Jame Afr1953 1:10  en die ryke in sy geringheid, want soos 'n blom van die gras sal hy verbygaan.
Jame Afr1953 1:11  Want die son gaan op met sy hitte en laat die gras verdor, en sy blom val af, en die sierlikheid van sy gedaante vergaan; so sal die ryke ook in sy weë verwelk.
Jame Afr1953 1:12  Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet.
Jame Afr1953 1:13  Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie.
Jame Afr1953 1:14  Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word.
Jame Afr1953 1:15  Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.
Jame Afr1953 1:17  Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
Jame Afr1953 1:18  Volgens sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waarheid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees.
Jame Afr1953 1:19  So dan, my geliefde broeders, elke mens moet gou wees om te hoor, stadig om te praat, stadig om toornig te word.
Jame Afr1953 1:20  Want die toorn van 'n man bewerk nie die geregtigheid voor God nie.
Jame Afr1953 1:21  Daarom, doen afstand van alle vuiligheid en oorvloed van boosheid, en ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red.
Jame Afr1953 1:22  En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.
Jame Afr1953 1:23  Want as iemand 'n hoorder van die woord is en nie 'n dader nie, dié is soos 'n man wat sy natuurlike gesig in 'n spieël sien;
Jame Afr1953 1:24  want hy sien homself en gaan weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.
Jame Afr1953 1:25  Maar hy wat diep insien in die volmaakte wet van die vryheid en daarby bly, hy sal, omdat hy nie 'n vergeetagtige hoorder is nie, maar 'n dader van die werk, gelukkig wees in wat hy doen.
Jame Afr1953 1:26  As iemand onder julle meen dat hy godsdienstig is en sy tong nie in toom hou nie, maar sy hart mislei, die godsdiens van hierdie man is tevergeefs.
Jame Afr1953 1:27  Reine en onbesmette godsdiens voor God en die Vader is dít: om wese en weduwees in hulle verdrukking te besoek en jouself vlekkeloos te bewaar van die wêreld.