Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
LAMENTATIONS
1 2 3 4 5
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 5
Lame Afr1953 5:1  Dink, HERE, aan wat oor ons gekom het, sien en aanskou ons smaad.
Lame Afr1953 5:2  Ons erfdeel het na vreemdes oorgegaan, ons huise na uitlanders.
Lame Afr1953 5:3  Ons het wese geword, sonder 'n vader, ons moeders is soos weduwees.
Lame Afr1953 5:4  Ons water drink ons vir geld, ons hout kom teen betaling in.
Lame Afr1953 5:5  Ons vervolgers is op ons nek; ons is afgemat sonder dat daar rus aan ons gegun word.
Lame Afr1953 5:6  Na Egipte het ons die hand uitgestrek, na Assur om met brood versadig te word.
Lame Afr1953 5:7  Ons vaders het gesondig; hulle is daar nie meer nie, en óns dra hulle ongeregtighede.
Lame Afr1953 5:8  Knegte heers oor ons, niemand ruk ons uit hulle hand weg nie.
Lame Afr1953 5:9  Met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn.
Lame Afr1953 5:10  Ons vel gloei soos 'n oond vanweë die gloed van die honger.
Lame Afr1953 5:11  Hulle het vroue in Sion onteer, jonkvroue in die stede van Juda.
Lame Afr1953 5:12  Vorste is deur hulle hand opgehang, die persoon van die grysaards nie geëer nie.
Lame Afr1953 5:13  Jongmanne dra die handmeul, en seuns struikel onder die drag hout.
Lame Afr1953 5:14  Die oudstes is nie meer in die poort nie, die jongmanne sonder hulle snarespel.
Lame Afr1953 5:15  Die vreugde van ons hart het opgehou, ons koordans het in treurigheid verander.
Lame Afr1953 5:16  Die kroon van ons hoof het geval; wee ons, dat ons gesondig het.
Lame Afr1953 5:17  Hierom het ons hart krank geword, hierom is ons oë verduister:
Lame Afr1953 5:18  ter wille van die berg Sion wat woes lê, waar die jakkalse op rondloop.
Lame Afr1953 5:19  U, HERE, sit vir ewig, u troon is van geslag tot geslag.
Lame Afr1953 5:20  Waarom sou U ons vir altyd vergeet, ons verlaat tot in lengte van dae?
Lame Afr1953 5:21  Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer; vernuwe ons dae soos in die voortyd.
Lame Afr1953 5:22  Of het U ons heeltemal verwerp, is u toorn teen ons alte groot?