Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
LEVITICUS
Prev Up Next
Chapter 21
Levi Afr1953 21:1  Verder het die HERE vir Moses gesê: Spreek met die priesters, die seuns van Aäron, en sê vir hulle: Aan 'n dooie moet 'n priester hom nie verontreinig onder sy volksgenote nie;
Levi Afr1953 21:2  behalwe aan sy bloedverwant, sy nabestaande: aan sy moeder en sy vader en sy seun en sy dogter en sy broer;
Levi Afr1953 21:3  en aan sy suster wat jongmeisie is, sy nabestaande, wat nie aan 'n man toebehoort het nie aan haar mag hy hom verontreinig.
Levi Afr1953 21:4  Hy mag hom as getroude man nie verontreinig onder sy volksgenote om hom te ontheilig nie.
Levi Afr1953 21:5  Hulle mag op hul hoof geen kaalte maak en die rand van hulle baard nie wegskeer en in hulle vlees geen insnyding maak nie.
Levi Afr1953 21:6  Heilig moet hulle aan hulle God wees en die Naam van hulle God nie ontheilig nie; want hulle offer die vuuroffers van die HERE, die spys van hulle God; daarom moet hulle heilig wees.
Levi Afr1953 21:7  Hulle mag geen vrou neem wat 'n hoer of 'n onteerde is nie; en 'n vrou wat deur haar man verstoot is, mag hulle nie neem nie; want hy is heilig aan sy God.
Levi Afr1953 21:8  Daarom moet jy hom heilig hou, omdat hy die spys van jou God offer. Hy moet vir jou heilig wees, want heilig is Ek, die HERE wat julle heilig.
Levi Afr1953 21:9  En as die dogter van 'n priester haar ontheilig om te hoereer, ontheilig sy haar vader; met vuur moet sy verbrand word.
Levi Afr1953 21:10  En die priester wat die hoogste onder sy broers is, op wie se hoof die salfolie uitgegiet is en wat as priester aangestel is om die klere aan te trek hy mag sy hare nie laat loshang en geen skeure in sy klere maak nie.
Levi Afr1953 21:11  En hy mag by geen dooie kom nie, selfs aan sy vader en moeder hom nie verontreinig nie;
Levi Afr1953 21:12  en hy mag uit die heiligdom nie uitgaan nie, sodat hy die heiligdom van sy God nie ontheilig nie, want die wyding van die salfolie van sy God is op hom. Ek is die HERE.
Levi Afr1953 21:13  En hy moet 'n vrou in haar maagdelike staat neem.
Levi Afr1953 21:14  'n Weduwee of een wat verstoot is of 'n onteerde, of 'n hoer hulle moet hy nie neem nie; maar 'n jongmeisie uit sy volksgenote moet hy as vrou neem,
Levi Afr1953 21:15  dat hy nie sy kroos onder sy volksgenote ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hom heilig.
Levi Afr1953 21:17  Spreek met Aäron en sê: Niemand uit jou nakomelinge, in hulle geslagte, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die spys van sy God te offer nie.
Levi Afr1953 21:18  Want niemand aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom nie: 'n blinde of 'n lamme of een wat in die gesig vermink is of iemand by wie 'n liggaamsdeel te lank is,
Levi Afr1953 21:20  of wat 'n boggel het of uitgeteer is of 'n vlek in sy oog het of aan skurfte of uitslag ly of 'n gebreklike skaamdeel het.
Levi Afr1953 21:21  Geen man uit die nageslag van Aäron, die priester, aan wie 'n liggaamsgebrek is, mag nader kom om die vuuroffers van die HERE te offer nie. 'n Liggaamsgebrek is aan hom; hy mag nie nader kom om die spys van sy God te offer nie.
Levi Afr1953 21:22  Wat die spys van sy God aangaan, hy mag van die hoogheilige en heilige gawes eet;
Levi Afr1953 21:23  maar hy mag nie na die voorhangsel gaan en na die altaar nie nader kom nie, omdat 'n liggaamsgebrek aan hom is, dat hy my heiligdomme nie ontheilig nie; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
Levi Afr1953 21:24  En Moses het dit aan Aäron en sy seuns gesê en aan al die kinders van Israel.