Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
MATTHEW
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 4
Matt Afr1953 4:1  Toe is Jesus deur die Gees weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel.
Matt Afr1953 4:2  En nadat Hy veertig dae en veertig nagte gevas het, het Hy naderhand honger geword.
Matt Afr1953 4:3  En die versoeker het na Hom gekom en gesê: As U die Seun van God is, sê dat hierdie klippe brode word.
Matt Afr1953 4:4  Maar Hy antwoord en sê: Daar is geskrywe: Die mens sal nie van brood alleen lewe nie, maar van elke woord wat deur die mond van God uitgaan.
Matt Afr1953 4:5  Toe neem die duiwel Hom saam na die heilige stad en laat Hom op die dak van die tempel staan
Matt Afr1953 4:6  en sê vir Hom: As U die Seun van God is, werp Uself af; want daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen 'n klip stamp nie.
Matt Afr1953 4:7  Jesus sê vir hom: Daar is óók geskrywe: Jy mag die Here jou God nie versoek nie.
Matt Afr1953 4:8  Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid,
Matt Afr1953 4:9  en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.
Matt Afr1953 4:10  Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.
Matt Afr1953 4:11  Daarna het die duiwel Hom laat staan, en daar het engele gekom en Hom gedien.
Matt Afr1953 4:12  En toe Jesus hoor dat Johannes in die gevangenis gesit was, het Hy na Galiléa teruggegaan.
Matt Afr1953 4:13  En Hy het Násaret verlaat en gaan woon in Kapérnaüm aan die see, in die gebied van Sébulon en Náftali,
Matt Afr1953 4:14  sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het:
Matt Afr1953 4:15  Die land Sébulon en die land Náftali, na die see toe, oorkant die Jordaan, Galiléa van die heidene —
Matt Afr1953 4:16  die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan.
Matt Afr1953 4:17  Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
Matt Afr1953 4:18  En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
Matt Afr1953 4:19  En Hy sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
Matt Afr1953 4:20  En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.
Matt Afr1953 4:21  En toe Hy daarvandaan verder gaan, sien Hy twee ander broers, Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer, in die skuit saam met hulle vader Sebedéüs, besig om hulle nette heel te maak; en Hy het hulle geroep.
Matt Afr1953 4:22  En hulle het dadelik die skuit en hulle vader verlaat en Hom gevolg.
Matt Afr1953 4:23  En Jesus het deur die hele Galiléa rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
Matt Afr1953 4:24  En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.
Matt Afr1953 4:25  En groot menigtes het Hom gevolg van Galiléa en Dekápolis en Jerusalem en Judéa en van oorkant die Jordaan af.