Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
MATTHEW
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 9
Matt Afr1953 9:1  En nadat Hy in die skuit geklim het, het Hy oorgevaar en in sy eie stad gekom.
Matt Afr1953 9:2  En hulle het 'n verlamde man wat op 'n bed lê, na Hom gebring. En toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy aan die verlamde: Seun, hou goeie moed, jou sondes is jou vergewe.
Matt Afr1953 9:3  En sommige van die skrifgeleerdes het by hulleself gesê: Hierdie man praat godslasterlik.
Matt Afr1953 9:4  En toe Jesus merk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?
Matt Afr1953 9:5  Want wat is makliker, om te sê: Die sondes is jou vergewe! of om te sê: Staan op en loop?
Matt Afr1953 9:6  Maar dat julle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op aarde sondes te vergewe — toe sê Hy vir die verlamde man: Staan op, neem jou bed op en gaan na jou huis toe.
Matt Afr1953 9:8  En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so 'n mag aan die mense gegee het.
Matt Afr1953 9:9  En toe Jesus daarvandaan verder gaan, sien Hy 'n man met die naam van Matthéüs by die tolhuis sit; en Hy sê vir hom: Volg My. En hy het opgestaan en Hom gevolg.
Matt Afr1953 9:10  En terwyl Hy in die huis aan tafel was, het daar baie tollenaars en sondaars saam met Jesus en sy dissipels aan tafel gegaan.
Matt Afr1953 9:11  En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars?
Matt Afr1953 9:12  Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is.
Matt Afr1953 9:13  Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
Matt Afr1953 9:14  Daarna kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie?
Matt Afr1953 9:15  En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.
Matt Afr1953 9:16  En niemand sit 'n nuwe stuk lap op 'n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom 'n erger skeur.
Matt Afr1953 9:17  'n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar 'n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.
Matt Afr1953 9:18  Terwyl Hy vir hulle dit sê, kom daar 'n sekere owerste en val voor Hom neer en sê: My dogter het nou net gesterwe, maar kom en lê u hand op haar, en sy sal lewe.
Matt Afr1953 9:19  En Jesus het opgestaan en hom gevolg, en ook sy dissipels.
Matt Afr1953 9:20  En daar het 'n vrou wat twaalf jaar lank aan bloedvloeiing gely het, van agter gekom en die soom van sy kleed aangeraak.
Matt Afr1953 9:21  Want sy het by haarself gesê: As ek maar net sy kleed kan aanraak, sal ek gesond word.
Matt Afr1953 9:22  En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af.
Matt Afr1953 9:23  En toe Jesus in die huis van die owerste kom en die fluitspelers sien, en die skare wat te kere gaan,
Matt Afr1953 9:24  sê Hy vir hulle: Gaan weg, want die dogtertjie is nie dood nie, maar sy slaap. En hulle het Hom uitgelag.
Matt Afr1953 9:25  En nadat die skare uitgedryf was, het Hy ingegaan en haar hand gegryp; en die dogtertjie het opgestaan.
Matt Afr1953 9:26  En die gerug hiervan het deur daardie hele land versprei.
Matt Afr1953 9:27  En toe Jesus daarvandaan verder gaan, het twee blindes Hom gevolg, terwyl hulle uitroep en sê: Wees ons barmhartig, Seun van Dawid!
Matt Afr1953 9:28  En nadat Hy in die huis gegaan het, kom die blindes na Hom toe. En Jesus sê vir hulle: Glo julle dat Ek dit kan doen? Hulle antwoord Hom: Ja, Here.
Matt Afr1953 9:29  Toe raak Hy hulle oë aan en sê: Laat dit vir julle wees volgens julle geloof.
Matt Afr1953 9:30  En hulle oë het oopgegaan. En Jesus het hulle skerp aangespreek en gesê: Pas op, laat niemand dit te wete kom nie.
Matt Afr1953 9:31  Maar hulle het heengegaan en Hom in daardie hele land bekend gemaak.
Matt Afr1953 9:32  En terwyl hulle weggaan, bring die mense 'n stom man wat van die duiwel besete was, na Hom toe.
Matt Afr1953 9:33  En nadat die duiwel uitgedryf was, het die stomme gepraat. En die skare het hulle verwonder en gesê: So iets is nog nooit in Israel gesien nie!
Matt Afr1953 9:34  Maar die Fariseërs het gesê: Deur die owerste van die duiwels dryf Hy die duiwels uit.
Matt Afr1953 9:35  En Jesus het by al die stede en dorpe rondgegaan en in hulle sinagoges geleer en die evangelie van die koninkryk verkondig en elke siekte en elke kwaal onder die volk genees.
Matt Afr1953 9:36  En toe Hy die skare sien, het Hy innig jammer gevoel vir hulle, omdat hulle moeg en uitgeput was, soos skape wat geen herder het nie.
Matt Afr1953 9:37  Toe sê Hy vir sy dissipels: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min.
Matt Afr1953 9:38  Bid dan die Here van die oes, dat Hy arbeiders in sy oes mag uitstuur.