Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
MATTHEW
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 23
Matt Afr1953 23:1  Toe het Jesus die skare en sy dissipels toegespreek
Matt Afr1953 23:2  en gesê: Die skrifgeleerdes en die Fariseërs sit op die stoel van Moses.
Matt Afr1953 23:3  Alles wat hulle dan vir julle mag sê om te onderhou, onderhou en doen dit; maar volgens hulle werke moet julle nie doen nie, want hulle praat en doen nie.
Matt Afr1953 23:4  Want hulle bind pakke saam wat swaar en moeilik is om te dra, en sit dit op die skouers van die mense, maar self wil hulle dit nie met hulle vinger verroer nie.
Matt Afr1953 23:5  En hulle doen al hul werke om deur die mense gesien te word, en hulle maak hul gedenkseëls breed en die some van hul klere groot.
Matt Afr1953 23:6  En hulle hou van die voorste plekke by die maaltye en die voorste banke in die sinagoges
Matt Afr1953 23:7  en die begroetinge op die markte en om deur die mense genoem te word: Rabbi, Rabbi!
Matt Afr1953 23:8  Maar julle, laat jul nie Rabbi noem nie, want een is julle leermeester: Christus, en julle is almal broeders.
Matt Afr1953 23:9  En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is.
Matt Afr1953 23:10  Julle moet julle ook nie leermeesters laat noem nie, want een is julle leermeester: Christus.
Matt Afr1953 23:11  Maar die grootste van julle moet jul dienaar wees.
Matt Afr1953 23:12  Wie homself verhoog, sal verneder word, en wie homself verneder, sal verhoog word.
Matt Afr1953 23:13  Maar wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle sluit die koninkryk van die hemele toe voor die mense; want julle gaan self nie in nie, en die wat sou ingaan, laat julle nie toe om in te gaan nie.
Matt Afr1953 23:14  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle eet die huise van die weduwees op, en doen vir die skyn lang gebede. Daarom sal julle 'n swaarder oordeel ontvang.
Matt Afr1953 23:15  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle trek rond oor see en land om een bekeerling te maak; en as hy dit geword het, maak julle hom 'n kind van die hel, twee maal erger as julle self.
Matt Afr1953 23:16  Wee julle, blinde leiers, julle wat sê: Elkeen wat sweer by die tempel — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die goud van die tempel, hy is gebonde.
Matt Afr1953 23:17  Julle dwase en blindes, want wat is meer: die goud, of die tempel wat die goud heilig?
Matt Afr1953 23:18  En: Elkeen wat sweer by die altaar — dit is niks nie; maar elkeen wat sweer by die gawe daar bo-op, hy is gebonde.
Matt Afr1953 23:19  Julle dwase en blindes, want wat is meer: die gawe, of die altaar wat die gawe heilig?
Matt Afr1953 23:20  Wie dan sweer by die altaar, sweer dáárby en by alles wat daarop is;
Matt Afr1953 23:21  en wie sweer by die tempel, sweer dáárby en by Hom wat daarin woon;
Matt Afr1953 23:22  en wie sweer by die hemel, sweer by die troon van God en by Hom wat daarop sit.
Matt Afr1953 23:23  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle gee tiendes van kruisement en anys en koljander, en die swaarste van die wet laat julle ná: die reg en die barmhartigheid en die trou. Hierdie dinge behoort julle te doen sonder om die ander na te laat.
Matt Afr1953 23:24  Blinde leiers, julle wat die muggie uitsif, maar die kameel insluk!
Matt Afr1953 23:25  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle maak die buitekant van die beker en die skottel skoon, maar binnekant is dit vol roof en onmatigheid.
Matt Afr1953 23:26  Blinde Fariseër, maak eers die binnekant van die beker en die skottel skoon, sodat ook die buitekant daarvan skoon kan word.
Matt Afr1953 23:27  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle is net soos gewitte grafte wat van buite wel fraai lyk, maar van binne vol doodsbene en allerhande onreinheid is.
Matt Afr1953 23:28  So lyk julle ook van buite vir die mense wel regverdig, maar van binne is julle vol geveinsdheid en ongeregtigheid.
Matt Afr1953 23:29  Wee julle, skrifgeleerdes en Fariseërs, geveinsdes, want julle bou die grafte van die profete en versier die grafstene van die regverdiges;
Matt Afr1953 23:30  en julle sê: As ons in die dae van ons vaders geleef het, sou ons geen deel met hulle gehad het aan die bloed van die profete nie.
Matt Afr1953 23:31  Julle gee dus teen julself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het.
Matt Afr1953 23:33  Slange, addergeslag, hoe sal julle die oordeel van die hel ontvlug?
Matt Afr1953 23:34  Daarom, kyk, Ek stuur profete en wyse manne en skrifgeleerdes na julle toe, en julle sal sommige van hulle doodmaak en kruisig en sommige van hulle in jul sinagoges gésel en van die een stad na die ander vervolg,
Matt Afr1953 23:35  sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaría, die seun van Berégja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar.
Matt Afr1953 23:36  Voorwaar Ek sê vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom.
Matt Afr1953 23:37  Jerusalem, Jerusalem, jy wat die profete doodmaak en stenig dié wat na jou gestuur is, hoe dikwels wou Ek jou kinders bymekaarmaak net soos 'n hen haar kuikens onder die vlerke bymekaarmaak, en julle wou nie!
Matt Afr1953 23:39  Want Ek sê vir julle: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here!