Site uses cookies to provide basic functionality.

OK
MATTHEW
Prev Up Next Toggle notes
Chapter 7
Matt Afr1953 7:1  Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie.
Matt Afr1953 7:2  Want met die oordeel waarmee julle oordeel, sal julle geoordeel word; en met die maat waarmee julle meet, sal weer vir julle gemeet word.
Matt Afr1953 7:3  En waarom sien jy die splinter in die oog van jou broeder, maar die balk in jou eie oog merk jy nie op nie?
Matt Afr1953 7:4  Of hoe sal jy vir jou broeder sê: Laat my toe om die splinter uit jou oog uit te haal, en kyk, in jou eie oog is die balk!
Matt Afr1953 7:5  Geveinsde, haal eers die balk uit jou oog uit, en dan sal jy goed sien om die splinter uit die oog van jou broeder uit te haal.
Matt Afr1953 7:6  Moenie wat heilig is, aan die honde gee nie; en gooi julle pêrels nie voor die varke nie, sodat hulle dit nie miskien met hulle pote vertrap en omdraai en julle verskeur nie.
Matt Afr1953 7:7  Bid, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.
Matt Afr1953 7:8  Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.
Matt Afr1953 7:9  Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee;
Matt Afr1953 7:11  As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!
Matt Afr1953 7:12  Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is die wet en die profete.
Matt Afr1953 7:13  Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan.
Matt Afr1953 7:14  Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind.
Matt Afr1953 7:15  Maar pas op vir die valse profete wat in skaapsklere na julle kom en van binne roofsugtige wolwe is.
Matt Afr1953 7:16  Aan hulle vrugte sal julle hulle ken. 'n Mens pluk tog nie druiwe van dorings of vye van distels nie!
Matt Afr1953 7:17  So dra elke goeie boom goeie vrugte; maar 'n slegte boom dra slegte vrugte.
Matt Afr1953 7:18  'n Goeie boom kan geen slegte vrugte dra nie, en 'n slegte boom ook geen goeie vrugte nie.
Matt Afr1953 7:19  Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
Matt Afr1953 7:21  Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is.
Matt Afr1953 7:22  Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie?
Matt Afr1953 7:23  En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!
Matt Afr1953 7:24  Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het.
Matt Afr1953 7:25  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.
Matt Afr1953 7:26  En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het.
Matt Afr1953 7:27  En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.
Matt Afr1953 7:28  En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer;
Matt Afr1953 7:29  want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.